Vermeende dubbele moordenaar in hof
Vermeende dubbele moordenaar in hof

Vermeende dubbele moordenaar in hof

Die moordsaak van ’n man wat daarvan beskuldig word dat hy ’n vrou en sesjarige seuntjie gedurende 2013 naby Outjo vermoor het, het gister begin.
Ronelle Rademeyer
Jacqueline Louw – Die 40-jarige mnr. Sageus Somaeb het gister voor regter Naomi Shivute in die Windhoekse hoërhof op klagte van moord, aanranding met die doel om ernstige liggaamlike leed te veroorsaak, asook ’n klag van dwarsboming van die gereg verskyn.

Die saak is egter uitgestel aangesien Somaeb se regsverteenwoordiger, mnr. Jan Wessels, nie meer beskikbaar is om die saak te verdedig nie.

Volgens die klagstaat was die beskuldigde in ’n romantiese verhouding met een van die slagoffers, me. Charlote Gaingos, betrokke.

Op 23 Mei 2009 het Somaeb na bewering vir Remember Gaingob met ’n draad oor sy lyf geslaan. Remember was maar 4 jaar oud ten tye van dié insident. Die saak is aan die polisie gerapporteer en Somaeb het met ’n waarskuwing weggekom.

Gaingos het Remember op 15 en 16 Mei 2013 in die Soweto-woonbuurt in Outjo onder Somaeb se toesig gelaat. Gedurende daardie tyd het Somaeb na bewering die sesjarige geslaan en/of versmoor. Die kind is weens versmoring dood. Na die beweerde moord het Somaeb probeer om die spore van die misdaad weg te steek en het aan die polisie gesê die kind het die vorige dag van hoofpyn gekla.

Op 31 Julie dieselfde jaar het Somaeb na bewering vir Charlote Gaingos, wat by die huis van ’n vriend was, 21 keer met ’n mes gesteek. Sy het op die toneel aan haar wonde beswyk. Vroeër in 2013 het die beskuldigde haar glo met ’n klip gegooi wat een van haar ribbes gebreek het.

Regter Shivute het die saak tot 14 Februarie uitgestel sodat Somaeb die regshulpraad kan nader om ’n nuwe prokureur vir sy verdediging aan te stel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!