Vermeende Istanboel-aanvaller aangekeer
Die man wat glo op Nuwejaarsdag verantwoordelik was vir die terreuraanval by ’n nagklub in Istanboel, Turkye, waarin 39 mense dood is, is in hegtenis geneem.
Die man bekend as Aboe Moehammed Horasani of Abdoelkadir Masjaripov, is in 'n klopjag op 'n huis in die Esenyurt-woonbuurt in Istanboel gevang. Sy vierjarige seun was saam met hom in die huis. Nog 'n man en drie vroue is ook tydens die klopjag in hegtenis geneem.
Verskeie ander mense is vroeër in verband met die aanval aangekeer
Die Islamitiese Staat (Isis) het verantwoordelikheid vir die terreuraanval aanvaar.
Hy het kort ná middernag ’n polisiebeampte en ’n burgerlike voor die ingang na die eksklusiewe nagklub Reina doodgeskiet. Daarna het hy in die klub met ’n outomatiese geweer losgebrand. Hy het sy geweer minstens ses keer herlaai en die gewondes op die grond doodgeskiet.
Volgens die Turkse koerant Haberturk het hy ook etlike ploftoestelle laat afgaan, vermoedelik om mense in die klub te verwar en homself tyd te gee om te herlaai.
In ’n verklaring waarin Isis verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar, beskryf die terreurgroep die klub as ’n kuierplek vir Christene om hul “afvallige vakansie” te vier. Isis sê ook die skietery is uitgevoer uit weerwraak vir Turkse militêre optrede in Sirië. – Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie