Vermeende seksoortreders vas
Denver Kisting – Twee vroue en een man verskyn na verwagting vandag in die Walvisbaai-landdroshof weens beweerde seksoortredings.
Dié drietal is die afgelope Vrydag op die hawedorp in hegtenis geneem, het adj.komm. Erastus Iikuyu, die polisiekoördineerder van misdaadondersoeke in Erongo, gesê.
Volgens hom staar die verdagtes klagte van verkragting, mensehandel en oortredings van die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad in die gesig.
Daar word beweer die twee Namibiese vroue het tussen Mei en Julie vanjaar ’n 16-jarige meisie gewerf vir seksuele uitbuiting deur die man, ’n burger van Pakistan.
Die tienermeisie het na bewering onder dwang seksdade met die man gepleeg. Die vroue het glo geldelike vergoeding vir dié beweerde diens ontvang.
Een van die vroue en die man is volgens Iikuyu kollegas by ’n motorsaak op Walvisbaai.
Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie