Vermeende U$ave-rowers in hof
Vermeende U$ave-rowers in hof

Vermeende U$ave-rowers in hof

NAMPA
Twee van die vermeende gewapende rowers wat Maandagoggend by 'n skietery by die Shoprite U$ave-winkel in Katutura betrokke was, is Woensdag borgtog in die Windhoek-landdroshof in Katutura geweier.

Staatsaanklaer Muriel van Zyl het borgtog vir die beskuldigdes, mnre. Petrus Akapala (38) en Elifas Amutenya (47), teengestaan weens die ernstige aard van die klagte, asook omdat soortgelyke klagte, wat steeds hangend is, vantevore teen hulle aanhangig gemaak is.

Ander redes is die vrees dat die beskuldigdes met die polisieondersoek kan inmeng en dat borgtog nie in die belang van openbare geregtigheid is nie.

Akapala en Amutenya het onskuldig gepleit en die hof ingelig dat hulle hulself gaan verdedig.

Die beskuldigdes staan tereg op klagte van ­gewapende roof, die onwettige besit van vuurwapens, die onwettige besit van ammunisie, aanranding en poging tot moord ná hulle glo op die polisie geskiet het.

Die gewapende rooftog het Maandagoggend by die Soweto Market in Katutura plaasgevind met 'n heen-en-weer-skietery tussen die polisie en sewe ­verdagtes.

Drie van die sewe verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem.

Die polisie het glo twee verdagtes in die skietery gewond.

Een het Maandagmiddag in die Katutura-staatshospitaal aan sy wonde beswyk.

Twee verdagtes het op die vlug geslaan en word steeds deur die polisie gesoek.

Die saak is tot 18 Mei vir verdere ondersoek uitgestel.

- Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!