Vermeende verkragters, beesslagters in Karibib-hof
Vermeende verkragters, beesslagters in Karibib-hof

Vermeende verkragters, beesslagters in Karibib-hof

Adolf Kaure
Adolf Kaure - Twee vermeende verkragters en agt vermeende beesslagters het gister in die Karibib-landdroshof verskyn.

Die vermeende verkragters, mnre. Deon Muyenga (21) en Josef Fillemon (37), is Maandag in verband met die verkragting van 'n 18-jarige meisie op Karibib in hegtenis geneem.

Volgens die Namibiese polisie se koördineerder van misdaad­ondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, het die twee mans die meisie van 'n kroeg af huis toe vergesel en haar toe verkrag.

Ook op Karibib het agt vermeende beesslagters in die landdroshof verskyn ná hulle Sondag om 04:00 naby Okahandja in hegtenis geneem is in verband met die besit van drie beeskarkasse op 'n silwer GWM-bakkie.

Volgens Iikuyu het die buurtwag die polisie gehelp om die agt vas te trek.

“Toe die polisie hulle stop, het een van die verdagtes op die vlug probeer slaan. Beslag is op die voertuig gelê,” het Iikuyu gesê.

Die beskuldigdes is mnre. Nicanor Nekundi (31), Titus Nehemia (20), Uatavi Kamandoora (35), Elia Shikongo (39), Mupandi Ndiitumbula (38), Joseph Victor (36), en die plaaswerker mnr. Adolf Kandetu (39).

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle drie beeste ter waarde van N$45 000 op mnr. Derik van Rhyn (76) se plaas Waldheim in die Karibib-distrik geslag het.

Die polisieondersoeke in beide sake duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!