Verpleging vandag midde pandemie gevier
Ronelle Rademeyer – Die Internasionale Dag vir Verpleegsters wat vandag gevier word, het in die lig van die wêreld se grootste gesondheidskrisis in meer as ’n eeu besonderse betekenis.
Dié dag word jaarliks op die geboortedag van Florence Nightingale gevier. Ook bekend as “Die vrou met die lamp”, word sy as die grondlegger van moderne verpleegkunde beskou word.
Nightingale is 200 jaar gelede op 12 Mei 1820 as die dogter van welgestelde Britse aristokrate in Florence, Italië, gebore.
Verpleegkundiges word in hierdie tyd dikwels saam met dokters en ander gesondheidswerkers as die wêreld se ware helde geloof omdat hulle dikwels onder byna bomenslike druk mense in ’n kritieke toestand vir Covid-19 moet behandeling. Die tema van die vieringe vandag lui gepas “Verpleeg die wêreld tot gesondheid”.
Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO), dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, het gister by ‘n nuuskonferensie in Genève, Switserland, gesê tydens Covid-19 is verpleegpersoneel in die loopgrawe en stel hul eie lewens in gevaar om ander te red.
“Verpleegsters is die brug tussen die gesondheidstelsel en die gemeenskap en hulle doen dit sedert die ontstaan van die verpleegprofessie,” het hy gesê.
Me. Ena Barlow, veteraan-verpleegkundige wat op haar dag matrone van Windhoek Sentrale Hospitaal was en later as registrateur van die gesondheidsrade by wetskrywing betrokke was, sê Nightingale sou bly wees oor vandag se "spanwerk" in hospitale met die verpleegster wat noodsaaklike inligting omtrent pasiëntbehoeftes met ander spanlede deel. “Dit is sodat daar ’n holistiese benadering tot pasiëntesorg en -herstel gevolg kan word. Verpleegonderwys vandag rus verpleegsters toe met hoogstaande kennis om hierdie taak te vervul,” sê sy.
Namibië se minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê verpleegsters en vroedvroue is daar wanneer ‘n kind gebore word. Hulle is ook langs die bed van ‘n pasiënt wat sy laaste asem uitblaas. “Wat ‘n voorreg. Geniet jul dag met trots,” was sy boodskap aan die land se verpleegpersoneel.
‘n Verpleegster oorhandig ‘n roos en boek aan ‘n Covid-19-pasiënt in ‘n hospitaal in Barcelona, Spanje. Foto: Nampa/Xinhua

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie