Verskeie mummies, artefakte in Egipte ontdek

NAMPA
Verskeie mummies en sowat 1 000 artefakte is in 'n graftombekompleks wat vir die eerste keer oopgemaak is, buite Luxor in Egipte ontdek.

Volgens die Raad vir Oudhede in Egipte het die graftombe oorspronklik aan 'n man genaamd Userhat behoort wat 'n regter was. Dit dateer uit die Nuwe Koninkryk (1 550 -1 070 jaar voor die huidige era).

Nadat die era verby was, is die graf­tombe – wat uit verskeie kamers bestaan – weer deur ander mense oopgemaak en ander mummies is daarin geplaas.

Honderde beeldjies bekend as ushabti, wat gekerf is uit hout of gemaak is van geglasuurde erdewerk en terracotta, is ook gevind. 'n Ushabti is saam met mense begrawe sodat hulle in die hiernamaals vir die mense kan werk.

Die tombe is in 'n T-vorm en tonne rommel is voor die ingang geplaas om dit te beskerm. Elke mummie is, soos die gebruik was, in linne toegedraai en in 'n klipsarkofaag geplaas.

Opgrawings is nog aan die gang op die terrein in Dra' Abu el-Naga' naby Luxor.

Vroeër vanjaar het Sweedse argeoloë 12 antieke Egiptiese begraafplase ontdek naby die suidelike stad Aswan wat ongeveer 3 500 jaar terug dateer.

In Maart het Egipte 'n agt meter lange standbeeld in 'n krotbuurt van Kaïro opgegrawe.

Argeoloë is van mening dit is 'n beeld van koning Psammetich 1, wat van 664 tot 610 voor Christus regeer het.

Hisham El Demery, hoof van Egipte se toerisme-ontwikkelingsowerheid, sê toerisme is besig om te verbeter en dat ontdekkings soos dié by Luxor bemoedigend vir die sektor is.

Toerisme in Egipte is 'n gevoelige slag toegedien ná die massaprotes wat oudpres. Hosni Mubarak in 2011 tot 'n val gebring het. Militante bomaanvalle skrik ook buitelandse besoekers af. - Nampa/Reuters/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!