Verspreide donderbuie vir sentrale Noorde, Erongo
Hoewel die Namibiese weerkantoor reën op plekke tot Sondag voorspel, meen 'n kenner die droogte sal steeds nie sy greep verslap nie.
Mariselle Stofberg - Droë lug wat oor die Suide en die res van die binneland lê, gedeeltelik bewolke weer en enkele en geïsoleerde donderbuie.
Dit is volgens die Namibiese weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Richard Nashikaku, waarna Namibiërs weersgewys vir die volgende paar dae kan uitsien. Volgens Nashikaku is verspreide donderbuie wel moontlik oor die sentrale noordelike gebiede en dele van die Erongostreek saam met hael en moontlike sterk winde. Vanaf Vrydag tot Sondag sal die stelsel verswak, dus word enkele buie en donderbuie oor die sentrale noordelike gebiede en die noordooste van die kus verwag.
Dit sal verder gedeeltelik bewolk en koel tot warm met mis op sekere plekke wees.
'n Paar ligte buie kan moontlik vandag oor die noordelike kusgebiede verwag word. Vanaf Donderdag tot Sondag word gedeeltelik bewolkte periodes met koel tot warm temperature en mis op sekere gebiede by die kus verwag.
Intussen het die landbou-ekonoom mnr. Johan van den Berg van Santam Landbou gesê Namibië se kanse vir reën in die komende maande is egter baie swak.
Damvlakke
Die jongste damverslag het bevestig die meerderheid van die damme se vlakke het sedert die laaste voorspelling afgeneem.
Die damme het met gemiddeld 4,335 miljoen kubieke meter (Mm³) gedaal. Die Swakoppoortdam staan tans op 22,2 % van sy volle kapasiteit. Die Von Bachdam is sowat 51,3% vol, met die Omatakodam wat slegs 1,1% water oor het. Water is weer van die Omotako- na die Von Bachdam oorgeplaas.
Die Goreangabdam staan op 93,1%, maar die water is te vuil vir menslike gebruik. Die Otjivero- en Tilda Viljoendam se watervlakke staan onderskeidelik slegs op 4,6% en 4,9%. Hierdie vlakke is te laag om enige water aan Gobabis te verskaf. Die Otjivero-slikdam is tans leeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie