Verstaan die media
Beter begrip in regeringsgeledere is nodig oor presies wat die rol van die media is.
Wat dit nié is nie, is eweneens belangrik.
Die media is nie die regering of enige ander instansie se kampvegters nie. Die media is nie daar om moeilike nuus te verswyg, net omdat dit vir sekere instansies ongemaklik is om dit te hoor nie.
Min. Tjekero Tweya het herhaaldelik op die belangrikheid van “die waarheid, die volle waarheid en niks behalwe die waarheid nie” in verslaggewing gewys. Tog raak “die volle waarheid” soms vir die regering ongemaklik wanneer akkuraat oor onder meer onverskillige stamgebonde uitlatings deur leiersfigure berig word.
Namibië is nommer een wat persvryheid in Afrika betref en is 17de op die internasionale lys. Die regering is baie trots hierop en maak graag melding hiervan.
Onlangse uitlatings deur Tweya het egter gevaarligte vir die media laat opgaan. Aan die een kant word die beplande wetsontwerp op vryheid van inligting aan die groot klok gehang, maar terselfdertyd word gedreig met ’n “statutêre liggaam wat as ’n saak van dringendheid geskep moet word om die media aanspreeklik te hou”.
Voldoende selfreguleringsmeganismes soos die media ombudsman en die redakteursforum bestaan waar enige gegriefde persoon kosteloos vir regstellende aksie kan gaan aanklop. Hierbenewens beskik Namibië oor uitstekende wetgewing wat laster en naamskending kriminele oortredings maak en die howe gereed is om uitspraak daaroor te lewer.
’n Engelse spreekwoord lui, as dit vrylik vertaal word: “As dit nie stukkend is nie, moenie dit heelmaak nie.” Dis wyse woorde vir diegene wat die media wil muilband.
Só sê ander:
New York Times
6 September 2016
Prisons aren’t the answer on immigration
The administration should be asking itself why it locks up so many immigrants who are not safety threats, who in many cases are refugees.

The Obama administration has spent years endorsing and enacting smart criminal-justice reforms.
Despite pres. Obama’s claims of going after “felons, not families,” the machinery he controls still catches too many of the wrong people.
There are ways to enforce the law without mistreating a population that fits no definition of a criminal threat. The job of dismantling the prison network Mr. Obama built, will pass on to Hillary Clinton, if she is elected. If it’s Donald Trump, then private incarceration, industry profits and human suffering will go through the roof.
• New York Times

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie