Viceroy se kortverkope: Só het dit gewerk
Nadat Capitec Bank se aandele deurgeloop het na die publikasie van 'n Viceroy-verslag, is formele klagtes nou gelê.
Die Suid-Afrikaanse Raad op Finansiële Dienste (RFD) ondersoek moontlike markmisbruik deur die kortverkoper-driemanskap Viceroy ná sy giftige verslag oor Capitec Bank die afgelope week. Die verslag het Capitec se aandeelprys lelik geknou.
Solly Keetse, hoof van markmisbruik by die RFD, sê Capitec het verlede Dinsdag 'n formele klag ingevolge die Wet op Finansiële Markte by die raad ingedien.
Hoewel Viceroy aan Bloomberg TV erken het hy het kort posisie op Capitec, waarsku kenners die markchaos wat Viceroy ontketen het deur Capitec 'n woekeraar (“loan shark”) te noem, is nie sonder meer onreëlmatig nie.
Kortverkope – 'n wettige en baie belangrike markpraktyk – moet geensins met markmisbruik verwar word nie, sê hulle.
Kortverkope (of daalspekulasie) is 'n alledaagse gebruik, ook in Suid-Afrika, en kan vir die kortverkoper 'n goeie wins in die sak bring. In Amerika waar daar toegewyde kortverkopers is, is die strategie aggressiewer en selfs gemeen, sê Simon Brown, stigter en direkteur van die beleggingswebblad JustOneLap.
Hy sê Suid-Afrikaanse beleggers behoort hulle te staal vir dié soort strategie, bietjie van 'n dik vel te ontwikkel en nie halsoorkop op ongetoetste negatiewe opinies in die mark te reageer nie.
Volgens George Herman, beleggingshoof van Citadel, is kortverkope 'n baie belangrike deel van die finansiële markte, want dit verhoed kunsmatige pryse en keer dat prysborrels ontwikkel. Hy sê: “Viceroy skiet nou in 'n bak met 'n klomp senuagtige vissies en weens die paniek is die Capitec-aandeel met 20% geklap binne 'n paar uur. Dit is die droomwêreld van enige toegewyde kortverkoper.”
Verskansingsfondse
Herman sê in Suid-Afrika is dit meestal verskansingsfondse wat die strategie gebruik, maar private beleggers kan ook kort posisies neem deur blootstelling aan afgeleide instrumente soos CFD's (contracts for difference).
Herman sê kortverkope is nie uit die bose nie, maar 'n manjifieke deel van die mark. “Kortverkope is die hiënas van die finansiële mark.”
Volgens hom trek aandele wat oorwaardeer is, gewoonlik kortverkopers se aandag.
Citadel se matriks vir banke het Capitec onlangs as een van die drie duurste banke ter wêreld gelys en dit is dus nie vreemd dat Viceroy daarop gefokus het nie.
Herman sê dis wel 'n probleem as iemand eers 'n posisie neem en dan 'n aggressiewe verslag publiseer wat nie noodwendig akkuraat is nie – soos in die geval van Capitec.
Brown sê hoewel Viceroy se Steinhoff-verslag goed was, is die Capitec-verslag veel swakker.
Capitec, die Reserwebank, tesourie, kredietgraderingsagentskappe en groot batebestuurders het reeds verskeie foute in die verslag uitgewys.
Brown sê hy twyfel of Viceroy die reëls sou oortree soos om nié die aandele te leen nie en dus aandele te verkoop wat jy nie besit nie. Dit sou baie dom wees van hulle omdat dit byna onmoontlik sal wees om weg te steek in die era van elektroniese vereffening.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie