Vier beseer toe gasbottel ontplof
Vier beseer toe gasbottel ontplof

Vier beseer toe gasbottel ontplof

Tanja Bause
’n Brand en ’n gasbottelontploffing is Sondag om 14:44 in Otjomuise by EMA Rescue Services aangemeld. Volgens mnr. Fabian Martens van EMA is hulle en die munisipaliteit se brandweerdiens na die toneel ontbied. “Die brandweer kon die brand kort ná hul aankoms op die toneel onder beheer bring. EMA Rescue Services het vier mense behandel en na die Katutura-staatshospitaal geneem. Twee van die beseerdes was naby die ontploffing en het tweedegraadse brandwonde opgedoen. Een van die beseerdes het van die vlamme ingeasem en hy is vir inwendige beserings behandel,” het hy gesê. Hulle was na bewering besig om die gasbottels in ’n area tussen twee komplekse te hervul toe die ongeluk gebeur het. Op die foto is die mediese span van EMA Rescue Service besig om ’n pasiënt te behandel. Foto WWNH, Mario Monteiro

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!