Vier verkragtings die naweek
Vier verkragtings die naweek

Vier verkragtings die naweek

Tanja Bause
Verlede naweek is vier vroue deur onbekende aanvallers gedreig en verkrag.

’n Man is glo verlede Vrydag op heter daad betrap terwyl hy ’n vrou verkrag het. Die voorval het in die Nossobville-nedersetting op Gobabis plaasgevind. Die 30-jarige vrou was op pad na haar huis in Witpan toe die onbekende man haar gegryp het. Hy het haar na bewering beveel om saam met hom huis toe te gaan en nadat sy geweier het, het hy haar in die bosse gedwing en verkrag. Die slagoffer se broer en haar kêrel het hom betrap. Die verdagte het op die vlug geslaan en die mans het hom agterna gesit. Hulle het hom gevang en die polisie in kennis gestel. Die 29-jarige verdagte is in hegtenis geneem.

’n Negentienjarige vrou was verlede Vrydag omstreeks 18:00 in die Etomba-nedersetting op pad huis toe, toe sy glo by ‘n man verbygestap het wat op sy selfoon gepraat het. Die man het haar arm gegryp, haar in die bosse gedwing en verkrag. Niemand in nog in hegtenis geneem nie.

Verlede Vrydag het ’n 28-jarige man ’n 16-jarige meisie uit haar ouers se huis geneem en haar glo gedreig dat hy haar met ’n mes sou steek as sy nie seksuele omgang met hom het nie, lui die Namibiese polisie se misdaad verslag. Die man is in hegtenis geneem. Die voorval het in die Liselo-omgewing op Katima Mulilo plaasgevind.

’n 48-jarige man het Vrydag omstreeks 13:00 ’n 34-jarige vrou op die Cwa-eiland in die Kavango-Oosstreek verkrag. Die man is in hegtenis geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!