Vir as jy wil SMART wees
Dirk Gallowitz
SMART is aanvanklik deur die bekende horlosiemaker SWATCH as ’n konsep begin, maar is in die middel 90’s deur Daimler-Benz oorgeneem en verder ontwikkel. SMART is derhalwe die akroniem vir “Swatch Mercedes ART” en die konsep is so uitsonderlik en slim dat dit selfs ’n permanente plek in New York se Museum of Modern Art gekry het.
Die SMART het veral gewildheid verwerf onder Europa se jonges in digbevolkte stede met hul nou strate en klein (ook skaars) parkeerplekke. Mercedes hoop om plaaslik verstedelikte jong kopers te werf met die “funky” en baie ekonomiese nuwe SMART-modelle.
Met die bekendstelling het Mercedes SA beide die ForTwo (tweedeur) en ForFour (vierdeur) weergawes beskikbaar gestel. Slegs eenkragbron is tans beskikbaar nl. die 1.0 liter 3-silinder petrolenjin wat 52 kW en 91 Nm se piekkrag lewer en kom met ’n 5-spoed handratkas.
’n Turboaangejaagde 900 cc petrol weergawe wat 66 kW en 135 Nm lewer kom in Julie vanjaar. Hierdie model gaan egter met ’n 6-spoed dubbelkoppelaar ratkas toegerus wees.
Daar is vier afwerkingsopsies beskikbaar naamlik Base, Prime, Passion en Proxy.
Die klein, kompakte SMART is ideaal vir stadsverkeer en parkering in klein ondergrondse parkeergarages, met veral die ForTwo wat omtrent in ’n hysbak kan inpas! Die nuwe ForFour kan egter twee (weliswaar nie te groot) passasiers saamkarwei as jy en jou pêlle bietjie in die stad wil gaan rondrits.
Die ForTwo se bagasieklap maak in twee dele oop met die onderste helfte wat afklap om inlaai te vergemaklik. Die ForFour se agterklap maak egter in geheel na bo oop.
Visueel lyk die modelle heel treffend. Die hoofligte het ’n nuwe ontwerp en kom ook nou met dagry-liggies. Die sierrooster bied drie kleuropsies nl. swart, silwer en wit om by die res van die bakkleur te pas. Daar is egter meer as 40 verskillende kleuropsies waarmee jy die bakpanele en deure kan laat afwerk om jou SMART uniek te maak. Die nuwe SMART-modelle is beskikbaar met 15” of 16” wiele.
Binnekant is die kajuit verbasend ruim. Tot ons twee frisserige 100 kg+ manne kon gemaklik in die voorste sitplekke pas. Ontwerp en instrumentasie en uitleg is uiteraard modern, innoverend en treffend op die oog.
’n Driespeek stuurwiel met kontroles vir die ritrekenaar, klankstelsel en spoedkontrole is opsioneel ekstra. Kopers kan ook die opsionele JBL-klankstelsel met 12 luidsprekers kies. ’n Sportiewe, ronde toereteller is regs voor op die instrumentepaneel gemonteer en huisves ook die horlosie.
Die standaard SMART-klankstelsel kom met USB-, MP3- en Bluetooth-koppeling. Jy kan ook die opsionele SMART mediastelsel kies wat ’n 7” raakskerm insluit en in die middel bo op die voorpaneel geplaas word. Daar is nie SatNav nie, maar wel ’n spesiale monteerstelsel wat vir slimfone ontwerp is en gekoppel is aan die klankstelsel wat gebruikers toelaat om die foon se satnav pakket te gebruik.
Kopers kan ook hul SMART met verskillende pakkette individualiseer. Mercedes SA bied kopers tans die keuse van “Sports Package, Style Package, Comfort Package, Stowage Space Package, LED & Sensor Package, Cool & Media Package” en ook “Cool & Audio Package”. Daar is verder ’n lang lys van omvattende opsionele ekstras beskikbaar om jou SMART selfs mooier en anders te maak.
Die SMART geniet die aansien as ’n baie veilige mikromotortjie. Die nuwe modelle bou daarop voort en ABS met EBD, remhulp, traksiebeheer, stabiliteitsbeheer en vyf lugsakke is onder meer standaard. Opsioneel ekstra is veiligheidstelsels wat stabiliteit in ’n dwarswind bied asook wat SMART “forward collision assist” en “lane keeping assist” noem.
Tydens ons rit het die SMART beïndruk met gemaklike stadsverkeer en heel billike oop pad verrigting. Die ratwisseling is gemaklik en glad met pad- en windgeraas ten beste aanvaarbaar.
Op die snelweg in 5de rat, was dit duidelik die SMART is eintlik maar ’n stadskewer. Die enjin het gekla toe ons probeer het om die 120 km/h snelheidsgrens (4 000 rpm) effens na bo te verskuif. By ons eindpunt kon ons egter die ForFour se kort draaisirkel van 8,65 meter toets asook die ForTwo se indrukwekkende draaisirkel van net 6,95 meter beproef.
Die nuwe SMART se maklike hantering in klein, beperkte ruimte is een van die model se groot pluspunte.
SMART se amptelike brandstofverbruik word aangegee as 4,2l/100 km (ForFour) en 4,1l/100 km vir die ForTwo.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie