Vir meisies deur meisies

Jong dames maak ’n verskil
Mariselle Stofberg
Mariselle Stofberg

YourPain.YourBlessing is ’n organisasie wat in Januarie vanjaar deur twee jong dames begin is.

Ma-ri Scheepers en Anthea van Rensburg het die organisasie begin met die doel om sanitêre doekies vir jong meisies en vroue in hul gemeenskap – wat dit nie self kan bekostig nie, in te samel.

“Ons wil ’n verskil maak in die lewens van ander meisies en vroue. Soveel meisies gaan nie skool toe nie omdat hulle menstrueer. Hulle het nie die geld om sanitêre doekies te koop nie. Onderrig is so belangrik en speel ’n ongelooflike groot rol in die bou van ‘n beter toekoms, en met die voorsiening van sanitêre doekies kan ons help om ‘n beter toekoms vir die meisies en vroue in die land te verseker,” het hulle gesê.

Vir die twee dames gaan dit oor meer as net die blote skenking van doekies, want hulle wil ’n blywende verskil in die lewens van ander maak.

“Ons het ook verskeie ander fokuspunte in die organisasie, maar die skenking van doekies is die hoofdoel van ons organisasie.”

Scheepers sê die idee vir die organisasie het ontstaan nadat sy besef het hoe bevoorreg sy is om elke maand sanitêre doekies te kan koop, terwyl soveel ander meisies van haar ouderdom nie so gelukkig is nie.

“Ons het in Oktober 1 675 doekies aan ’n hoërskool in Rehoboth geskenk, wat vir ons ’n ongelooflike mylpaal was.”

Tot dusver het die organisasie ongeveer 1 800 doekies geskenk.

Die dames sê die naam YourPain.YourBlessing se inspirasie is geskoei op die manier waarop die lewe meeste mense hanteer.

“Met talle uitdagings ervaar ons soveel pyn, maar daar is altyd ’n seëning en lig aan die einde van jou swaarkry.”

“As jongmense is dit ongelooflik belangrik vir ons om ook betrokke te raak by projekte soos hierdie, asook by ander maatskaplike kwessies. Ons organisasie het my uit my gemaksone geneem en my geleer hoe om my tyd beter te spandeer, maar het my oë ook oopgemaak om werklik die swaarkry en seer in ons gemeenskap raak te sien,” sê Scheepers.

Scheepers sê dit is belangrik om die negatiewe wanopvattings oor menstruasie aan te spreek.

“Meisies moet altyd onthou dat dit waardeur jy is en dit wat vir jou wag klein is in vergelyking met die ongelooflike potensiaal en krag binne jou. Ons moet almal help om ons gemeenskap oor menstruasie in te lig, hoekom dit gebeur en wat jy moet doen as dit gebeur. Deur mense te bemagtig met kennis, help ons ons samelewing om die ongemaklikheid en vrees verbonde aan menstruasie te takel.”

Die organisasie is tans besig om lootjies te verkoop om doekies vir 2021 aan te skaf. Indien enige iemand ‘n bydrae wil lewer, kan hulle Your Pain.Your Blessing by 081 278 5812 kontak of ’n e-pos na [email protected] stuur.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!