Vismaatskappye op Lüderitz ‘span hul seile saam’
Marco Fishing en Mekarilakha Fishing (MEKA) het besluit om kragte saam te snoer, met MEKA wat 25% aandele in Marco gaan bekom.
Die besigheid is nou in ’n posisie om die visvangregte en -kwotas van beide maatskappye te ontgin. Benewens die stokviskwotas van beide maatskappye, sluit dit ook die pelagiese visvangregte in wat aan maatskappye verbonde aan Marco toegestaan is.
Marco is sedert 1993 op Lüderitz werksaam. Oor die jare is meer as N$100 miljoen in onder meer ses bote, ’n verwerkingsaanleg, kantore, stoorkamers, ’n koelkamer en ’n polistireen-verpakkingsfabriek belê.
Mekarilakha Fishing is ’n gesamentlike onderneming wat uit vyf visvangreghouers bestaan. Hulle het hulle eerste visvangkwota in 2012 ontvang en het die afgelope jare vangooreenkomste met verskillende operateurs gesluit. Die visie van die maatskappy is egter om by al die aspekte van die voorsieningsketting betrokke te wees, naamlik die vang, verwerking en bemarking van vis.
Deur hul 25% aandele in Marco het MEKA ’n beduidende belegging in bote en die verwerkingsgeriewe gemaak.
Gegewe MEKA se stokviskwota het die nuwe direksie besluit om in nóg ’n stokvisboot te belê. Dit word tans gebou en sal teen die middel van 2017 beskikbaar wees. Die groter vangkapasiteit vereis ook dat verwerkingskapasiteit verhoog word. Die direksie het dus besluit om die fabriek op Lüderitz uit te brei.
Tesame met die nuwe boot sal 90 bykomende werkgeleenthede in die proses geskep word.
Die direksie het voorts besluit om die Marco-liefdadigheidsfonds met ’n aanvanklike belegging van N$1 miljoen te stig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie