Vistermanne haal uit en wys
Hengel
Eddie Cowley
Die vyfde Interklubkompetisie van die seisoen vir rots- en strandhengel is laas naweek by Myl 8 naby Swakopmund afgehandel.
Altesaam 15 spanne het deelgeneem. Die mooi weer en plat water het goeie hengel voorspel, maar dit kos steeds werk om goeie visse te vang.
Die kapteinsvergadering is by Myl 8 se staanplek gehou en die hengeltye is vanaf 07:30 tot 16:00 vasgestel.
Die hengelarea het van Myl 8 se nuwe pompstasie tot Myl 14 se suidelike draad gestrek.
Die topspan van die dag was Mako Hengelklub in die eerste plek met 1 762 punte, met Hentiesbaai Hengelklub in die tweede plek met 1 635 en Okahandja derde met 1 631 punte.
Die kampioenhengelaar van die dag was Andrew van der Westhuizen van Mako Hengelklub met 177,9 punte. Johan van Wyk van Mako Hengelklub is in die tweede plek met 119,2 en Riaan Tap van Mako derde met 122,7 punte.
Die vrouekampioen hengelaar van die dag is Carlien Steyn van Welwitchia Hengelklub met 33,7 punte, gevolg deur Nadine Downing van Mako (2,6) en Melany Lotter van Orca (0,5).
Die beste o.21 hengelaar vir die dag was Gerhard Hough van Skeleton Coast Hengelklub, met sy klubmaat Armand Esterhuizen in die tweede plek en Jean Visser van Benguella Hengelklub derde.
Die beste o.16 hengelaar is Henko Snyman van Penguin in die eerste plek, Corné Burger van Penguin Hengelklub in die tweede plek en Pieter Hough van Skeleton Coast Hengelklub in die derde plek.
Die swaarste eetbare vis van 6,7 kg is gevang deur Brian Curtis van Orca. Die swaarste oneetbare vis is 'n bronshaai van 112,7 kg gevang deur Riaan Tapp van Mako.
'n Totaal van 71 eetbare visse en altesame 95 oneetbare visse is tydens die kompetisie gevang.
Die oneetbare vis is ook almal veilig in die see teruggeplaas.
Die Namibiese Rots- en Strandhengelvereniging bedank hul hengelvriende en borge vir hul ondersteuning deur die jaar.
“Ons wens almal 'n geseënde Kersfees en 'n voorspoedige 2018 met tonne vis toe en hou asseblief ons strande skoon tydens die feesseisoen.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie