Vleispryse gaan hoogte inskiet tot in 2018
Vleispryse gaan hoogte inskiet tot in 2018

Vleispryse gaan hoogte inskiet tot in 2018

As daar al ooit ''n goeie tyd was om minder vleis te begin eet, is dit nou.
Estelle de Bruyn
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het in Pretoria gewaarsku dat vleispryse nog tot in 2018 al hoe skerper gaan styg voordat dinge begin beter gaan.

Dit blyk die uitwerking van die droogte op kospryse gaan langer duur as wat vantevore gereken is.

Veeboere gaan bes moontlik eers in 2017 begin om hul kuddes, wat op die oomblik teen ''n rekordaantal uitgeslag word, weer op te bou.

Volgens Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, beteken dit dat kosprysinflasie se boonste draaipunt selfs méér gaan wees as die 12,3% wat in September voorspel is. Dit was reeds in Oktober 12%.

Verbruikers sal wel in 2017 effense verligting voel uit hul hele kostrollie wanneer onder meer graanpryse moont­lik begin daal. Verligting beteken egter bloot dat kospryse stadiger sal begin styg, met die uitsondering van vleispryse, en nie noodwendig sal begin daal nie.

Volgens Wandile Sihlobo, Agbiz-­ekonoom, verteenwoordig vleis byna ''n derde van die kos in die inflasiemandjie­ wat Statistieke Suid-Afrika meet.

Die Reserwebank het die rentekoers onveranderd gelaat. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!