• Tuisblad
  • Afrika
  • Vliegongeluk: ‘Ons het vrede gemaak met wat gebeur’
Vliegongeluk: u2018Ons het vrede gemaak met wat gebeuru2019
Vliegongeluk: u2018Ons het vrede gemaak met wat gebeuru2019

Vliegongeluk: ‘Ons het vrede gemaak met wat gebeur’

’n Passasier wat aan boord van die vliegtuig was wat verlede verlede Dinsdag in Pretoria neergestort het, sukkel om te verduidelik waarom die passasiers klaarblyklik so kalm tydens die ongeluk was.

Die Convair 340-vliegtuig het neergestort kort nadat dit by die Wonderboom-lughawe vir ’n toetsvlug opgestyg het.

’n Video wat aan die lig gekom het, vang die angswekkende oomblikke voor en tydens die ongeluk vas. In die video blyk die passasiers egter redelik kalm te wees.

“Dit gaan bad wees,” sê ’n stem net voordat die vliegtuig die grond tref. Die video word dan swart en ’n groot lawaai word gehoor.

“Almal, hou kop,” sê iemand.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die burgerlugvaartowerheid (BLO), sê hy is bewus van die video en dat die ondersoekspan die egtheid daarvan probeer vasstel. Hy wou nie verdere navrae oor die vliegramp beantwoord nie.

Kenny Strydom, een van die 19 mense wat aan boord was, weet nie wie die video geneem het nie, maar hy sê die video wys beslis die vliegongeluk waarin die Convair verlede Dinsdag op die perseel van die Moorddrift-melkery neergestort het.

KALM GEBLY

Hy sê dit is moeilik om te verduidelik hoekom die passasiers aan boord klaarblyklik so kalm was. “Dit is weird, ek weet.”

Hy sê die kalmte kan dalk daaraan toegeskryf word dat die meeste mense aan boord iets van vliegtuie af weet. “Die ongeluk het ook nie skielik gebeur nie. Ons het stelselmatig vrede gemaak met die situasie,” sê Strydom.

Nog ’n werknemer van die melkery ontvang behandeling in die hospitaal. Moyes sê die werknemers se families wil nie met die media praat nie.

Hy sê die linkerenjin het al met die opstygslag begin “vuur spoeg” en daarom het die insittendes van die begin af geweet daar is moeilikheid.

Die vliegtuig het ’n pakhuis van die melkery getref en het etlike meter verder tot stilstand gekom.

Chris Barnard (54), die vlugingenieur, is sover bekend die enigste persoon wat in die ongeluk dood is.

Thabang Moloto (20), ’n werknemer van die melkery, se bene is onder die knieë geamputeer, vermoedelik weens wrakstukke of stukke van die gebou wat hom getref het toe die vliegtuig dit getref het.

Cathy Moyes, personeelbestuurder van die melkery, sê Moloto is nog in ’n stabiele toestand in die hospitaal.

Nog ’n werknemer van die melkery ontvang behandeling in die hospitaal. Moyes sê die werknemers se families wil nie met die media praat nie.

Twee Australiërs, drie Nederlanders en 14 Suid-Afrikaners was aan boord.

Die Convair sou binnekort na Aviodrome, ’n lugvaart-pretpark in Lelystad, Nederland, vertrek het.
– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!