Vlugte van Hongkong weer op dreef
Vlugte van Hongkong weer op dreef

Vlugte van Hongkong weer op dreef

Vlugte na en van een van die besigste lughawens ter wêreld is Woensdag hervat ná twee dae van ontwrigting op die Hongkongse lughawe.

Honderde betogers het die lughawegebou dae lank beset en verskeie vlugte moes Maandag en Dinsdag gekanselleer word.

China het die betogings vandeesweek as “byna terroristiese optrede” beskryf nadat gewelddadige botsings tussen die polisie en oproeriges uitgebreek het.

Dis is nadat ’n klein groepie betogers gesê het hulle het ’n Chinese “spioen” gevangene geneem en ’n joernalis vasgebind en geslaan. Die persoon is later geïdentifiseer as ’n werknemer van die Chinese staatsbeheerde koerant Global Times.

Dinsdagaand het die polisie en betogers weer op straat slaags geraak en traangas is gebruik om hulle uiteen te jaag.

Die betogings in die strate van Hongkong duur reeds tien weke lank, berig Reuters.

Intussen het die Suid Afrikaanse Lugdiens (SAL) dit verwelkom dat die vlugte na en van Hongkong weer op dreef is.

“Ons is verlig dat ons ons bedrywighede kan hervat, sê Tlali Tlali, woordvoerder.

Hy sê die owerhede in Hongkong het die SAL in kennis gestel dat stappe gedoen is om die normale bedrywighede by die Hongkongse lughawe te herstel, en dat bykomende veiligheidsmaatreëls ingestel is.

Die SAL-vlugte SA287 en SA286 was Woensdagaand gereed om weer op te styg. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!