VN-komitee besorg oor menseregte in Namibië
Diskriminasie, marteling en geweld wek kommer
Lede van die Verenigde Nasies se komitee belas met menseregte besoek Namibië vanaf 14 tot 17 Augustus om onder meer die implementering van die verbond op burgerlike en politieke regte te moniteer.
Die twee lede van die komitee, me. Sarah Cleveland en mnr. Victor Rodriguez-Rescia, se besoek is deur die Geneefse nie-regeringsorganisasie, die Sentrum vir Burgerlike en Politieke Regte, in samewerking met die Regshulpsentrum (LAC) gereël.
Die doel van die besoek is om konstruktiewe betrokkenheid na te streef na aanleiding van Namibië se hersiening deur die VN se menseregtekomitee in Maart vanjaar in Genève, Switzerland.
In die waarnemings wat in April vanjaar aanvaar is, het die komitee kommer oor ’n aantal kwessies uitgespreek.
Wat diskriminasie betref, het die komitee sy kommer uitgespreek oor die voorkoms van de facto rassediskriminasie en diskriminasie teen inheemse mense, asook die groot aantal wette uit die apartheidsera wat steeds van krag is en op grond van ras diskrimineer.
Diskriminasie, teistering en geweld teen lesbiese, gay-, biseksuele en transgender-mense, insluitende gevalle van “korrektiewe verkragting” van lesbiese vrouens; die handhawing van die gemenereg-misdaad van sodomie en die uitsluiting van mense in verhoudings van dieselfde geslag, en die wet op die bekamping van huishoudelike geweld (Wet 4 van 2003) is ’n verdere bron van kommer vir die komitee.
Die voortgesette diskriminasie teen mense met gestremdhede en diegene wat MIV-positief is, wek ook kommer.
Onder die opskrif “Marteling en mishandeling” word berigte van marteling en mishandeling van mense in polisieselle en plekke van aanhouding en die teistering van lesbiese, gay-, biseksuele en transgender-mense deur die polisie asook die feit dat sekswerkers gereeld deur die polisie aangehou en verkrag word, uitgesonder.
Volgens die VN is daar ook ’n gebrek aan ondersoeke van sake wat spruit uit die marteling van mense wat ná die afstigtingskomplot van 1999 in die destydse Caprivistreek (vandag Zambezi) in hegtenis geneem is. Die afwesigheid van ’n onafhanklike meganisme om dade van marteling en mishandeling te ondersoek, word ook betreur.
Wat geweld teen vrouens betref, wek die relatief groot aantal vrouens wat deur hul lewensmaats vermoor word in sogenaamde “passiemoorde” kommer.
“Die vervolgingsvlak van diegene wat hulle aan huishoudelike geweld skuldig maak, is laag en die wet op die bekamping van huishoudelike geweld word nie voldoende toegepas nie, aangesien beskermingsbevele net deur landdroste uitgereik mag word. Daar is te min landdroste en hulle is net beskikbaar gedurende hof-ure.
“Slagoffers van verkragting trek gereeld hul klagtes terug hetsy omdat hulle vergoeding van die verkragter ontvang, swig voor druk van die familie, skaamte of omdat hulle gedreig word. Vrouens in die werkplek rapporteer nie altyd gevalle van seksuele teistering uit vrees vir afdanking nie.
“Beskermingseenhede wat geslaggegronde geweld moet hokslaan, beskik nie oor voldoende kapasiteit nie en skuilings vir slagoffers van geweld is onderbeman,” lui ’n die VN se verslag.
Tydens hul besoek aan Namibië sal Cleveland en Rodriguez-Rescia belanghebbendes, insluitende hoë vlak nasionale owerhede, die ombudsman, VN-verteenwoordigers en die burgerlike samelewing ontmoet om die kwessies te bespreek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie