Voedselsekerheid kan dalk herstel
Beter inkomste vir landbou voorspel
Dr. Kobus Laubscher
Die somerreëns het nie net 'n wurgende droogte in groot dele van die substreek gebreek nie, maar boonop lyk dit of voedselsekerheid kan herstel.
Maar die uitbreek van 'n kommandowurmplaag in Zambië, wat vinnig besig is om na Malawi en Zimbabwe te versprei, hang soos 'n donker wolk oor dié nuus.
Die plaag ontneem baie boere in hierdie lande van die nodige geleentheid om te herstel.
OESVOORUITSKATTING
Teen hierdie agtergrond is die komende Suid-Afrikaanse somergraanoes van wesenlike belang. Die Nasionale Oesskattingskomitee se eerste skatting lyk positief in terme van moontlike binnelandse surplusse.
Voorlopige skattings dui daarop dat nagenoeg 1,6 miljoen ha se witmielies geplant is, saam met net minder as 1 miljoen ha geelmielies. Dit is onderskeidelik 53% en 6,4% meer as verlede jaar. Die totale aantal hektaar onder mielies kan met meer as 30% toeneem, vergeleke met die vorige seisoen.
Die aantal hektaar wat vir soja en sonneblom geoormerk is, dui op moontlike veranderings in struktuur. Soja kan met amper 8% toeneem teenoor 'n verwagte afname in hektaar van net meer as 7% vir sonneblom.
In die Vrystaat sal bykans 60% meer hektaar mielies geplant word, teenoor die bykans 31% meer op nasionale vlak. Vrystaatse mielieboere sal na verwagting bykans 90% meer hektaar witmielies plant as in die vorige seisoen. In die geheel gesien, dui dit daarop dat Suid-Afrika weer 'n beduidende uitvoerder in die 2017 oesjaar kan wees.
INVLOED OP PRYSE
Die gunstiger verwagtinge sal pryse beïnvloed en goedkoper mielies word voorsien. Die SAFEX-pryse vir lewering vir later vanjaar, weerspieël dit reeds.
Goedkoper pryse vir verbruikers wat mielies en mielieprodukte as stapelvoedsel eet, is goeie nuus en die vooruitsigte van uitvoerbare surplusse sal ook die nodige voedselsekerheid na die substreek bring. Verwagte groter opbrengste sal beter bruto inkomste op landbougebied lewer.
VERLIESE NIE HERSTEL
Dit is 'n ope vraag of voldoende bruto inkomste voortgebring sal word om op te maak vir die verliese van die afgelope seisoene. Trouens, daar kan verwag word dat die bedryf in die geheel sal versterk, maar dit kan beteken nuwe beleggings word op die agtergrond geskuif.
Die landboubedryf bevind hom tans grootliks in 'n beleidsvakuum, met heelwat onsekerhede.
Die uiteenlopende aard van verwagtinge binne die substreek sal groter klem op die noodsaaklikheid plaas om streekhandel en die optimale vloei van produkte te hersien. Interafhanklikheid binne die streek is 'n realiteit en die gebrek aan komplementerende beleide sal herskikking en ontwikkeling strem.
Die droogte het belangrike lesse ingehou, maar dié moet nog toegepas word op die meer doelmatige koördinering binne die substreek.
So byvoorbeeld sal die lewendehawesektore in al die lande noodsaaklike kuddeboustrategieë moet implementeer, wat die vraag en aanbod van slagvee tydelik kan verwring en pryse opstoot.
Dié tendens kan die substreek 'n slagoffer maak van die storting van veral pluimveeprodukte. Hierdie dinamika sal fyn voetwerk van die betrokke beleidmakers vereis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie