Voedselsekuriteit: Beleid afhanklik van regte span
Dr. Kobus Laubscher - Heel dikwels is die fokus van visies te ver om die werklike klippe op die pad na die droom raak te sien.
As kind het ek geleer dit is goed om jou kop gelig te hou en om te fokus op die berg wat voorlê, maar as jy nie kyk waar jy loop nie, stamp jy jou toon en dan is dit ‘n gesukkel met die res van die pad.
Die berg voor ons is die massas honger mense in Afrika en die droom is om dit reg te stel teen 2030 as deel van die sogenaamde millenniumdoelwitte.
Volgens die Afrika-unie se Voedsel- en Landbou-organisasie (AU-FAO) se jongste verslag hieroor, The Regional Outlook on Gender and Agrifood Systems, en wat geslagoudits van 38 beleggings in 40 lande gedoen het, is daar nog groot gapings wat oorbrug moet word.
Die algemene gevoel is dat die rol van vroue onderskat word en gevolglik onderbenut is. Die klem val ook op die ontsluiting van die potensiaal van sogenaamde familieboerderye.
In sommige Afrika-lande is tot 60% van die arbeidsmag van gesinboerderye vroue. Dié vroue is grootliks verantwoordelik vir die boerdery in die vorm van groenteverbouing, versorging van oeste en die produksie van hul bok- en skaapboerderye. Wat egter belangriker is, is dat dieselfde vroue ook verantwoordelik is vir hul gesinne se voeding en die voorbereiding van die kos. Hulle sit eintlik die kos op die tafel vir hul huismense en méér.
Navorsing het vervolgens ook bewys dat deur vroue toegang te gee tot dieselfde tegnologie, hulpbronne en finansiering as mans, voedselproduksie met tot 10% meer kan wees en honger met tot 13% kan daal. Die belangrikste is dat vroue kragtige drywers kan wees teen honger, wanvoeding en armoede.
Ons geskiedenis spreek boekdele van hierdie vermoë en bydrae. In Afrika met meer as 60% van die bevolking wat steeds landelik lewe, en die bewese verstedeliking kan die vermoë van vroue nie langer oor die hoof gesien word nie.
Landbou se waarde in terme van ekonomiese ontwikkeling is belangrik, maar kry ook ‘n al hoe beter staanplek as dit kom by aansporing om die rol van die sektor te versnel. Feitelik is daar al hoe meer stawende bewyse van verliese omdat die rol van vroue onderskat is en in baie gevalle steeds onderskat word.
Produktiwiteitsgewys is vroue na raming tussen 20% en 30% agter in Afrika suid van die Sahara (SSSA). Indien hierdie gapings verklein en/of uitgewis kan word, kan produksie en verbruik na raming met tussen 1.5% en 10% verhoog en daardeur armoede met tussen 1,2% en 13% verlaag, aldus die FAO.
Per capita-verliese aan voedsel wissel tussen 120 kg en 170 kg in SSA en is tot so hoog as 180 kg in Noord-Afrika. Meer as 40% van hierdie verliese is ná die oes en tydens verwerking waar vroue hoofsaaklik die werk doen of moet doen.
Die oneweredige toedeling van hulpbronne op die basis van geslag word vervolgens as die hoofoorsake van hierdie verwikkeling gesien. Gebrek aan tegnologie en toerusting tot die beskikking van veral vroue - wat die werk moet doen - is ‘n vername rede hoekom vroue in SSA tot ‘n groter mate uitgelewer is aan dié verliese. Hulle kan eenvoudig nie belangrike stappe doen om oeste betyds af te haal en/of in te neem nie.
Daarmee saam is toegang tot behoorlike stoor van sulke oeste ontoereikend. Dit is veral huishoudings met vroue aan die hoof wat slagoffers is en bly. Inkomsteongelykheid op grond van geslag is verder ‘n erg beperkende toedrag van sake, veral as die teendeel oorweeg word.
Met vroue wat tussen 30% en 65% van hulle manlike eweknieë verdien, is daar bewyse dat regstelling vinniger armoede teenwerk, maar ook beter bydra tot sulke programme, aldus die Wêreldbank.
Kortom, die bemagtiging van vroueboere geniet te min aandag en verdien baie beter. Vroue het ‘n besonderse verbintenis wat gelei word deur ‘n ander instink as mans, en ondersteuning behoort ‘n afgeleide daarvan te wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie