Voedselsekuriteit: Te min kos of te veel vermorsing?
Dr. Kobus Laubscher – Die onlangs gepubliseerde Economist Global Food Security Index meet die voedselsekuriteitstatus van 113 lande aan die hand van drie faktore: bekostigbaarheid, beskikbaarheid en veiligheid – met omgewingsimpak wat ook aangedui word, maar nie tot die oorhoofse indeks bydra nie.
Al die faktore word uit 100 bepunt. Die lande eerste op die lys is onderskeidelik Singapoer (94,3 uit 100), Portugal (87,3) en Slowakye (81,7). Terloops, Singapoer is tans die mededingendste ekonomie nadat Amerika onttroon is.
In Afrika suid van die Sahara loop Suid-Afrika voor wanneer al vier gebiede saamgetel word (65,5) en staan dit eerste in twee gebiede.
Botswana (69,0) lei in terme van bekostigbaarheid en Uganda in terme van omgewingsimpak (70,0).
Namibië is nie deel van dié indeks nie en die res van die lande in Suider-Afrika (Botswana, Zambië, Angola en Mosambiek) vaar redelik swak vergeleke met die res van die wêreld.
Indien mens die vier faktore individueel vergelyk, is die dalende waardes van die jongste indeks – veral wat bekostigbaarheid betref – ‘n bekommernis.
Verbeterde beskikbaarheid beteken niks omdat kos nie bekostigbaar is nie. Die impak hiervan sien mens daagliks, want ten spyte van oorhoofse voedselsekuriteit kwel die feit dat miljoene mense daagliks honger gaan slaap.
WÊRELDVOEDSELDAG
Wêreldvoedseldag word môre gevier. Dié inisiatief probeer om die oorsake en gevolge van honger onder die loep te neem.
Dít met die Wêreldvoedselorganisasie (FAO) se zero hunger-doelwit vir 2030 in gedagte.
Die jongste ontleding toon baie lande toon nie die verwagte vordering nie. Die redes hiervoor is legio, maar klimaatsverandering speel ’n groot rol. So ook ’n toename in oorloë en politieke onverdraagsaamheid.
Afgesien van ’n kostekort of onbekostigbare kos is die ander olifant in die vertrek die omvang van vermorsing. Dit sal vanjaar tydens Wêreldvoedseldag opnuut op die voorgrond geplaas word.
Tot soveel as een derde van alle kos wat geproduseer word, beland onverbruik in asblikke. Dis skreiend, want mense sterf weens te min kos.
Dit beteken hulpbronne word vermors – dikwels op ’n onomkeerbare manier.
Trouens, ’n groeiende vraag is of die klem nie eerder op die bekamping van kosverliese moet val as op die verhoging van produksie nie.
VERMORSING
Voedselverliese dui op enige verliese in die waardeketting tussen die plaashek en die mark. Dit hou onder meer verband met oesprosesse, opberging ná oeste en pesbeheer.
Die beste tamatie het min alternatiewe gebruiksnut as dit gekneus by die winkel aankom. ‘n Gedraaide wortel lyk dalk nie soos die ware Jakob nie, maar het beslis dieselfde voedingswaarde. Dikwels is die tegnologie wat gebruik word om te verpak nie in staat om sulke afwykings te hanteer nie.
’n Bekende kleinhandelgroep se groente en vrugte word sonder plastiek op rakke uitgepak. Dit spreek die plastiek-probleem aan, maar veroorsaak verkoopsdruk.
Die koop een, kry twee gratis-beginsel help in terme van bekostigbaarheid, maar is dikwels ’n kernoorsaak van vermorsing. Dit omdat juis die “gratis twee” dikwels onverbruik in die asblik beland.
As daar een les te leer is, is dit dat verminderde vermorsing en korrekte bestuur nie net hulpbronne sal bespaar nie, maar ook kos vir meer mense kan beteken.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie