Voeg feite by diu00e9 deuntjie
Voeg feite by diu00e9 deuntjie

Voeg feite by dié deuntjie

Dani Booysen
Meer mense wêreldwyd weet nou dat Namibië nog nie heeltemal bande verbreek het met omstrede Noord-Koreaanse ondernemings en hul werknemers wat steeds in die land aktief is nie.

Die magtige CNN het daarvan seker gemaak.

Plaaslik word al vir geruime tyd hieroor berig – sonder dat lyste skriftelike vrae beantwoord word.

As iemand in ‘n amp soos dié van mnr. Hugh Griffiths, koördineerder van die Verenigde Nasies (VN) se paneel kundiges oor Noord-Korea, ‘n regering as ‘n “leuenaar” uitmaak, is dit beslis geen ligte saak nie. Hy eis bewyse dat die tenders opgeskort is en alle betrokkenes Namibië verlaat het.

Ook vir Namibiërs is die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking se voortgesette deuntjie dat die regering al sy pligte nagekom het, sonder bewyse verdag. Nie lank terug nie is op hoë vlak erken dat verskeie kwessies nog uitgeklaar moes word voordat die laaste verdagte Noord-Koreaan die land kan verlaat.

Die media het gepleit vir deursigtigheid. Sonder sukses. Sedertdien is nog geen boe of ba deur die regering oor die internasionale tameletjie gesê nie. Buiten vir die wysie wat me. Netumbo Nandi-Ndaitwah steeds neurie.

Al stukkie ondiplomatiese optrede deur Griffiths is dalk om ‘n nuwe terplaaste inspeksie van die hand te wys.

Mense se sienings van internasionale geopolitiek verskil. Almal sit nie langs dieselfde ideologiese vure nie.

Wanneer dit egter oor moontlike sanksies teen Namibië gaan, behoort die land se belange heel voorop te staan. Saam met eerlikheid teenoor sy burgers en die internasionale gemeenskap.

So sê ander

24 Oktober 2017

On Fox and O’Reilly: more bad news

The Fox News presenter Bill O’Reilly was forced out of his job in April after the New York Times alleged that five different cases where women who had made sexual harassment charges against him had settled either with Fox or with Mr O’Reilly directly.

The payments totalled $13m. Mr O’Reilly’s golden farewell was reported to be $25m.

Last month he was back on screen condemning the liberal elite. Last weekend, the New York Times returned to the trail, alleging a sixth payment of a whopping $32m.

The pressure is back on Rupert Murdoch’s News Corp, already under investigation in the UK by the Competition and Markets Authority in the context of its bid to take over Sky.

If the Murdochs did not know about their employee’s conduct, they should have. If they did, and ignored it, they are part of the magic circle of silence that has allowed the abuse of women to continue unabated for so long.

• THE GUARDIAN

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!