Voertuie geskenk vir stryd teen onwettige wapens
DIE Namibiese polisie en ander lede van die SuiderAfrikaanse Polisie-koordineringskomltee vir Operasies (SARPCCO) se samewerking met die privaatsektor is die naweek met die skenking van voertuie uitgebeeld. Die bevelvoerder van die Patrick Iyambo PolisiekolIege, kommisaris Des Shilunga, het gese dat die voertuie vir die voorkoming van onwettige wapens en die oorgrensmisdaadoperasie, die Mandume-operasie, gebruik gaan word.
Die operasie gaan in die volgende paar weke tussen die noorde van Namibie en die Cuando- en Kubango-streek in Angola begin. Onwettige wapens wat in die gebied gevind word, sal vernietig word. General Motors in Suid-Afrika het 26 4x4 bakkies en twee vragmotors geskenk om tydens die operasie te gebruik. Die Suid-Afrikaanse polisiediens help ook deur 'n helikopter en loodse vir die operasie te verskaf.
Kommisaris Shilunga het gese dat hy oorweldig is deur die positiewe reaksie van SaferAfrica, 'n nieregeringsorganisasie wat die Namibiese polisie help met geld en ander materiaal vir die SARPCCO-kursus wat handel oor onwettige wapens en oorgrensoperasies. Lede van die verski1lende lande se polisiemagte soos Namibie, Suid-Afrika, Botswana, Angola, Lesotho, Zimbabwe, Malawi, Swaziland en Tanzanie het almal die vierweke lange kursus voltooi. "Fase een van die opleiding is klaar, maar die moeilike deel kom wanneer julle julle studente in die werklike situasie moet kan lei," het kommisaris Shilunga gese. 'n Vernietigingsoefening van onwettige wapens sal op 23 November op Walvisbaai plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie