Voertuig jaag tussen soldate in
Frankryk was gister weer die teiken in 'n aanval op veiligheidsmagte.
Franse veiligheidsmagte het gister 'n grootskaalse soektog onderneem nadat 'n motor in teenterreur-soldate buite hul barakke in 'n Paryse voorstad vasgejaag het.
Ses soldate is beseer.
Die motor het ná die tyd weggejaag. Volgens die plaaslike burgemeester, Patrick Balkany, was dit “sonder twyfel 'n opsetlike daad”.
Die kantoor van die aanklaer-generaal in Parys sê die teenterreureenheid het 'n ondersoek begin na “poging tot moord wat betrekking het op 'n terrorisme-onderneming”.
Die Franse minister van verdediging, Florence Parly, het die voorval veroordeel en dit as 'n “lafhartige daad” bestempel en bygevoeg dat niks soldate se vasberadenheid om vir die veiligheid van die Franse mense te werk, in die wiele sou ry nie.
Frankryk, waar 'n noodtoestand sedert die November 2015-aanvalle heers, het reeds 'n reeks aanvalle op veiligheidsmagte ervaar wat belangrike toeriste-attraksies bewaak.
Die beseerde soldate was deel van die teenterreur- Sentinelle-mag van 7 000 wat ná die November 2015-aanvalle op die been gebring is. Altesaam 130 mense is in die aanvalle dood waarvoor die Islamitiese Staat-groep (IS) verantwoordelikheid aanvaar het.
IS het herhaaldelik gesê Frankryk is 'n teiken vanweë die land se deelname aan die Amerikaansgeleide koalisie wat teen die djihadiste-roep veg, met Franse vegvliegtuie wat lugaanvalle teen die ekstremistiese groep in Sirië uitvoer.
Gister se voorval het omstreeks 08:00 in die noordwestelike voorstad Levallois-Perret plaasgevind. -Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie