Volvo stuit jaagduiwels in hul spore
William Horne en Bloomberg – Spoedvrate se vrye teuels is dalk eersdaags iets van die verlede. Minstens as hulle 'n Volvo bestuur.
Volvo het pas bekend gemaak hy beoog om die maksimum spoed van al sy motors van volgende jaar af tot 180 km/h te beperk. Dit word gedoen in ’n poging om padsterftes wat deur spoed veroorsaak word hok te slaan.
Volgens ’n aankondiging deur die Sweedse motorvervaardiger gaan al sy motors van 2020 af minder as 180 km/h kan ry en gaan meer veiligheidsmaatreëls weldra volg.
Dié maatskappy is reeds bekend vir sy fokus op veiligheid in ’n poging om padsterftes te voorkom. Ongelukke word meestal deur ’n kombinasie van spoed, dronkenskap en aandagafleibaarheid veroorsaak, sê Volvo.
Volgens Hakan Samuelsson, uitvoerende hoof, is spoed die maatskappy se jongste teiken in sy poging om paaie te beveilig.
“Daar is geen rede om vinniger as 180 km/h in ’n Volvo te ry nie,” het Samuelsson aan Bloomberg gesê.
Volvo moes wel ’n balans tref tussen sy doelwit om spoedverwante padsterftes te voorkom, maar om nie terselfdertyd sy kliëntebasis te vervreem nie.
Sowel BMW, Audi en Mercedes, drie van Volvo se grootste mededingers, het reeds met mekaar ooreengekom om soortgelyke perke op die spoed van nuwe motors in te stel. Dié motorvervaardigers wou egter nie liefhebbers van vinnige motors totaal afskrik nie en het derhalwe ’n perk van 250 km/h ingestel, berig Auto Express.
Sameulsson meen egter 180 km/h is ’n goeie middeweg om in hul doelwit te slaag en nie bestuurders te vervreem nie.
Volgens hom sal die bykomende fokus op veiligheid sy lojale kopers aanspoor en as’t ware nuwe kopers lok wat enige verlies aan kopers wat deur die beperking afgesit word, sal teenwerk.
Die motorvervaardiger beplan om ander faktore wat tot padsterftes lei in die nabye toekoms te takel. Dit volg op ’n belofte wat Volvo in 2007 gemaak het om alle sterftes en beserings in sy motors teen 2020 te keer.
Noudat hy op spoed gefokus het, gaan Volvo binnekort tegnologie ontplooi wat ’n besuurder se aandag op die pad gevestig sal hou. Dit sal ook bestuurders verhoed om te ry as hul vermoë om te bestuur enigsins deur faktore soos dwelms, alkohol of moegheid beperk word.
Die gebruik van slimfone sal verder gestuit word, berig IOL.
“Nuwe tegnologie maak dit moontlik om hierdie probleme ook op te los,” sê Samuelsson.
“Daar sal onder meer kameras wees wat bestuurders se gesigsuitdrukking sal registreer en selfs dwelm- en alkoholgebruik daardeur kan identifiseer.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie