Voor Makalani was daar Eckleben
Voor Makalani was daar Eckleben

Voor Makalani was daar Eckleben

Mandy Rittmann
SIEGFRIED ECKLEBEN SKRYF:

In Noorderlig in die Republikein-uitgawe van 27 April 2021 is 'n artikel oor die Minen Hotel en 'n artikel oor die Makalani Hotel op Tsumeb gepubliseer.

Ongelukkig is glad nie genoem dat die Makalani 'n opvolger van die Hotel Eckleben was nie, welke aan tradisie en geskiedenis ewe ryk was as die Minen Hotel.

Die oorspronklike Hotel Eckleben was een van die mooiste geboue uit natuurklip in die hoofstraat met “western saloon”-styl swaaideure.

In 1925 het die eienaar, Paul ­Eckleben, die grootste saal op Tsumeb laat bou. Dit was baie jare dié plek vir feeste en danse op Tsumeb. Later is dit selfs as bio­skoopsaal gebruik.

In die stigteres van die Tsumeb-museum, Ilse Schatz, se boek Tsumeb zu Omegs Zeiten word 'n paar staaljies oor die hotel en sy eienaar vertel. In die museum kan ook nog heelwat foto's van die ou Hotel Eckleben gesien word.

Nadat die Windhoek Brouery die hotel in 1964 gekoop het, het hulle 'n nuwe gebou in die agterstraat opgerig en die mooi koloniale gebou in die hoofstraat laat sloop om winkels en kantore te verhuur. Dit was 'n skande, wat eintlik deur 'n denkmaalsraad verbied moes gewees het.

Die nuwe gebou het nog baie jare die naam Hotel Eckleben gedra, alhoewel dit aan Southern Sun Hotels behoort het - totdat dit later die Makalani geword het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!