Voorrade met huurvlug na Namibiërs in Kuba gestuur
Ronelle Rademeyer - Die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking het dit reggekry om voorrade na sy ambassade in Havana, Kuba, te stuur, asook enkele pakkies vir Namibiese studente wat daar studeer en sukkel om basiese lewensmiddele in die hande te kry.
Dié ministerie sê in ‘n verklaring ‘n huurvlug is op 3 Julie deur die Suid-Afrika regering na Kuba gestuur, en Namibië kon daarin slag om vyf gestrande Kubane, asook vir ambassadeur Samuel /Goagoseb, hoof van Namibië se sending in dié land, plek op die vlug te kry.
Daarmee saam kon voorrade ook daarheen gestuur word.
Ouers van studente wat daar studeer, is voor die tyd laat weet om pakkies vir hul kinders gereed te kry. Ongelukkig was die plek op die vliegtuig toe te min en was daar vir baie van die pakkies nie plek nie.
Die ministerie vra in sy verklaring verskoning vir die ongerief wat dit vir ouers veroorsaak het, en onderneem om met Suid-Afrika te reël dat dit op ‘n volgende soortgelyke humanitêre huurvlug daarheen gevlieg word.
Foto: Kuba se hoofstad, Havana. Wikimedia.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie