Voortrekker: “Namibië nie ’n desperate land”
Henriette Lamprecht - ‘n Wêreldbekende omgewingsaktivis het nou ook sy stem by die oproer oor die skietdood van Namibië se ikoniese ou olifantbul, Voortrekker, gevoeg, en ‘n petisie teen die jag van woestynaangespaste olifante in Namibië het gister teen druktyd reeds meer as 82 000 handtekeninge gehad.
Voortrekker is byna twee weke gelede vir ‘n skrale N$120 000 by Omatjete in die Noordweste geskiet ná hy deur die ministerie van die omgewing en toerisme (MET) as ‘n probleemdier verklaar is.
Mnr. John Varty, wêreld- omgewingsaktivis en rolprentmaker, skryf in ‘n ope brief aan die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, Voortrekker was ‘n “lewende legende” wat nie net aan Namibië behoort het nie, maar ook aan die hele wêreld.
“Tog het jy hom vir geld laat skiet, is dit regverdig?” vra Varty in die brief, wat ook aan dr. Alfredo Hengari, presidensiële woordvoerder, gerig is.
Varty verwys in die brief na ‘n gesprek met die voormalige president van Zambië, dr. Kenneth Kaunda, wat beweer het dié land het die hoogste bevolking van luiperds in Afrika, in die Luangwa-vallei, en is daarom die beste plek om luiperds te sien.
Volgens Varty word die Suid-Luangwa Nasionale Park deur gebiede met jagkonsessies omring.
Jong, manlike luiperds wat in die Luangwa-vallei gebore word, sprei uit wanneer hulle 20 maande oud is.
“Nou word hulle deur buitelandse jagters in die jagkonsessie-gebiede langs die Suid-Luangwa Nasionale Park met aas gelok en geskiet,” lui die brief.
Volgens Varty word vertroue van die luiperds binne die park deur die ekotoerismebedryf geskep.
“Jy neem die luiperds in die park af en verfilm hulle, maar jy verbreek daardie vertroue wanneer jy hom in jou jagbedryf vir geld laat skiet. Is dit regverdig?”
Varty verwys na die “ikoniese” Voortrekker wat aan duisende mense oraloor die wêreld bekend is.
Foto’s is geneem, flieks is oor hom gemaak en sy reise het sommige olifantwetenskaplikes stomgeslaan.
Varty verwys ook na “desperate” lande soos Zimbabwe, wat sy jong olifante aan dieretuine vir geld verkoop.
Volgens hom is Namibië nie ‘n desperate land nie en het hy altyd Namibië en sy omgewingsbewaring as dié van ‘n wennasie beskou.
“Ek verstaan volhoubare gebruik en dat wildlewe die weg moet betaal.”
Volgens Varty het hy ook begrip vir Botswana met sy 130 000 olifante en die konflik tussen landelike inwoners en die diere.
“Maar dit is nie waarvan ek praat nie. Jy het Voortrekker jare lank verfilm en nagevors en toe dit jou pas, het jy hom vir geld laat skiet.”
Intussen het sowat 82 200 mense teen gister ‘n petisie teen die jag van woestynaangepaste olifante in Namibië onderteken.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie