Vraagteken oor 'aborsiestorms'
Die misgeboortes het glo teen die einde van 2016 eerste onder kleinvee op 'n plaas in die Khomasstreek begin.
Elvira Hattingh - Daar is nog geen antwoorde op wat die vlaag van aborsies onder vee in veral die Khomasstreek en oos van Windhoek veroorsaak nie, sê die Windhoekse veearts dr. Ansel Voigts.
Intussen sê die Namibië Landbou-unie (NLU) sowat 20 plase is reeds geraak en 'n enkele boer in die Khomasstreek het 85% van sy aanteel verloor toe 190 van sy koeie geaborteer het. Ander produsente het misgeboortes by 6 tot 50 van hul koeie opgemerk en enkele gevalle van aborsies onder vee in die Omaheke- en Otjozondjupastreek is ook aangemeld.
Die NLU het vraelyste opgestel en 'n dringende versoek gerig aan produsente wat die afgelope 12 maande deur aborsies geraak is, om dit in te vul, met die belofte dat alle inligting vertroulik hanteer sal word.
Die ministerie van landbou, water en bosbou het intussen 'n veeartsenykennisgewing uitgestuur waarin boere in kennis gestel word daarvan dat “aborsiestorms of 'n massiewe aantal aborsies” sedert Julie in die Khomasstreek onder beeste, bokke en skape voorkom.
“'n Komitee van regerings- asook private veeartse is aangestel om die oorsaak te ondersoek en met maatreëls vorendag te kom wat die verspreiding en uitbreking daarvan sal voorkom,” lui die kennisgewing.
Die misgeboortes het glo eerste onder kleinvee op 'n plaas in die Khomasstreek teen die einde van 2016 begin. In Julie vanjaar het misgeboortes onder beeste op een van die aangrensende plase voorgekom.
Plasentas wat ná die misgeboorte in die baarmoeder agterbly en lewensgevaarlik vir vee kan wees, is ook in sommige gevalle waargeneem.
Op die plaas waar die aborsies eerste aangemeld is, is voorvalle van orgitis – 'n inflammasie van die testikels van bulle en ramme – aangemeld. Ernstige nuwe gevalle van orgitis is ook waargeneem op verskeie plase waar die aborsies voorgekom het.
Dr. Voigts het vroeër aan Republikein gesê die Enterococcus casseliflavus-bakterie is in sommige van die misgeboorte- en orgitisgevalle geïsoleer en is vermoedelik die etiologiese agent, oftewel die oorsaak van die misgeboortes.
Hy het toe gesê dit is nie duidelik waarom dit misgeboortes veroorsaak nie. Dié bakterie is meestal slegs 'n opportunistiese agent as dit by reedsbestaande infeksies kom en is dikwels 'n sekondêre kiem wat toeslaan waar die immuunstelsel verswak is.”
Die ministerie het intussen produsente versoek om aborterende diere van ander dragtiges te isoleer en dadelik met hul naaste veearts in verbinding te tree indien misgeboortes onder hul vee voorkom.
“Neem die geaborteerde fetus en plasenta so gou moontlik na die sentrale veeartseny laboratorium of na jou naaste staatsveearts. Gebruik handskoene, ontsmet jou hande en ander toerusting nadat jy geaborteerde vesel hanteer het.
“Moenie die plasenta en fetus vries nie, maar pak dit op ys of hou dit in 'n yskas tot dit by 'n veearts kan kom.
“Hou al die besonderhede van koeie wat geraak word, soos onder meer hul oorplaatjienommers, die datum van die misgeboorte ensovoorts. Probeer verhoed dat jakkalse, honde of ander aasvreters geaborteerde vesel eet, en plaas nuutgekoopte diere vir eers onder kwarantyn.”
Die NLU se vraelys oor aborsies onder vee is beskikbaar in hul nuusbrief van 27 Oktober en navrae kan ook aan [email protected] of 061 237 838 gerig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie