Vrae oor rentekoers in VSA laat rand sug
Vrae oor rentekoers in VSA laat rand sug

Vrae oor rentekoers in VSA laat rand sug

Die verwagting tot onlangs was dat die Fed binnekort rentekoerse met tot soveel as 50 basispunte kon verlaag.
Elvira Wood – Beleggers se vooruitsig nou dat die Federale Reserweraad (Fed) in die VSA dalk nie meer rentekoerse drasties gaan verlaag nie, het die rand laat sug.

Die rand het vroeg Dinsdagoggend teen R14,20 teenoor die dollar verhandel.

Die verwagting tot onlangs was dat die Fed binnekort rentekoerse met tot soveel as 50 basispunte kon verlaag.

Reuters berig dat die jongste indiensnemingssyfers in dié land beleggers nou hul vooruitsig laat verander. Hulle voorspel rentekoerse gaan steeds verlaag word maar waarskynlik met net 25 basispunte.

Jerome Powell, voorsitter van die Fed, begin Woensdag met getuienis wat twee dae sal duur voor die Amerikaanse kongres oor die stand van die ekonomie.

Ekonome sal hul ore spits om te hoor wat hy moontlik oor rentekoerse gaan sê.

Hoër rentekoerse in die VSA maak dié land en die dollar aantreklik vir beleggers aangesien hy ’n baie goeie kredietgradering het. Dit plaas egter druk op ander geldeenhede soos die rand.

Die rand het vroeg Dinsdagoggend teen R17,77 teenoor die Britse pond en R15,93 teenoor die euro verhandel.

Wat betref digitale geld het bitcoin ’n goeie Maandag beleef. Die waarde hiervan het oornag met bykans 10% gestyg.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

· Goud: $1 396,90 per fynons

· Platinum: $811 per ons

· Olie: $63,98 per vat

Digitale geld

· Bitcoin: $12 628,14/R190 499

· Ethereum: $314,64/R4 750 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!