• Tuisblad
  • Vervoer
  • Vragverkeer hoop vir etlike kilometer buite Okahandja op

Vragverkeer hoop vir etlike kilometer buite Okahandja op

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Vragverkeer het Donderdag vir etlike kilometers aan weerskante van die padblokkade noord van Okahandja opgehoop voordat lorries omstreeks 14:00 stadig begin deurbeweeg het.
In die lang ry was onder meer 5 vragmotors wat met altesaam 700 speenkalwers na Karan Beef se voerkraal in Suid-Afrika onderweg is.
Mnr. Timo Giersth van Cattle Runners sê ‘n ses uur lange oponthoud soos hierdie kan tot veeverliese ly.
“Die beeste is sowat 24 uur op die lorries voordat ons daar (by Karan Beef) kan aflaai. As hulle 30 uur op die lorries is, kan vrektes begin voorkom,” het hy gesê.
Na verneem word was daar net een digitale koorsskandeerder by die padblokkade in gebruik. Tussen 06:00 en sowat 14:00 het die ry vragmotors so lank geword, dat dit verby die Hochfeld-afdraaipad gestrek het, sê Giersth.
Mnr. Jannie Oosthuizen het op ‘n WjatsApp-groep vir die vervoerbedryf gesê sy vragmotors was 06:00 al in die ry.
JetX Couriers was met medikasie onderweg na die kus, en is gisteraand aangesê om by die westelike padblokkade buite Okahandja te oornag.
Kommer is uitgespreek oor die impak op vragvertraging wanneer al die streke ingeperk is en lorries deur meer padblokkades moet beweeg, en meer sulke oponthoude ervaar word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!