Vreemde, heerlike bevliegings
Lloyd Zandberg - Ek kry mos sulke bevliegings waar ek drastiese besluite sonder enige nadenke of oorweging neem.
Dit is nie asof ek dit in hierdie stadium van my bestaan eintlik kan akkommodeer nie. Ek hou van reëls en regulasies. Veral as dit by my persoonlike lewe kom. Die dat ek nou ten volle die grootmenslewe aangeneem het, werk verrassing nie sommer nie. Begrotings en roetines is kardinaal vir my bestaan.
Uiteraard is ek iemand wat gewoonlik my dingetjies vooraf, seepglad en deeglik organiseer. Dit help om betyds op te daag, voorbereid te wees en seker te maak alles verloop volgens die plan. In ‘n wêreld waar jy daagliks vir jou plek onder die son moet veg, kan een glipsie jou hele bedryf onderstebo gooi.
En dan word ek een oggend wakker en die bogenoemde stelling verval. Nie soos ‘n pakkie poeiersop wat twee dae oud is en nog iewers gebruik kan word nie. Verval soos in heeltemal poegaai. Gooi weg, dit is vrot. Vandag voel ek nie lus nie, in die drom met jou. Of ons gaan dit nou so doen. Hoekom? Want. Dit is nie ‘n rede nie. Moet ek een hê? Trap op sy kop dan is hy dood.
Ironies genoeg is die persoon wie ek die meeste onstel, die einste ek. Weens hierdie dae van geen benul, sit ek met ink onder my vel, gate in my ore, enorme paaiemente, halwe vingernaels, ekstraklasse, vuil wasgoed, opgehoopte skottelgoed, 23 pare skoene, klere wat nog nooit gedra is nie en geen verlofdae.
Dit is die goeie nuus. Die anderkant van hierdie kaart is wat my fnuik. Môre is ek weer oor my bevlieging en dan gaan die lewe aan, maar dan onthou ek die woorde van ons dokter, op die dorp waar ek my eerste verkoue gekry het.
Ek was in daai stadium te klein om presies te verstaan wat hy sê, maar ek onthou wel dat ek beter gevoel het ná elke besoek. Toe ek oud genoeg was om wel sy woorde te verstaan, het dit my nooit verlaat nie.
Dr. Reeds, ‘n koddige donkerkop met groot voete, was die enigste dokter wat alles kon regmaak. Hy het al verskeie vingers weer vasgewerk en hoofpyne spoorloos laat verdywn.
Net wanneer hy die roomysstokkie uit jou lugpyp verwyder en sy leesbril terug op die mik van sy neus plaas, het hy dan afgehaak en gesê: What doesn’t kill you, only makes you stronger, dit is normaal. Daarna was daar ‘n kort pouse en dan druk hy die voorskrif, wat net hy kon uitmaak, in jou hand. As jy gelukkig was, het hy vir jou daai soort klop op die skouer gegee wat jou laat wonder of jy enigsins môreoggend gaan opstaan. Dr. Reeds het my laat glo dat niks so erg is soos wat jy dink dit is nie.
So word ek verlede week iewers met ‘n jeukerigheid oor my wakker. Met die opstaan voel ek sommer reeds reg om die reëls te kanselleer. Ek besluit nog presies watter een van die 3 000 reëls ek gaan breek. Dit gebeur per abuis. Dit is ten minste wat ek vir myself vertel.
Heeldag loop ek in dieselfde spore. Niks is anders as gister en die dag tevore nie. Nou verstaan ek nie heeltemal lekker waaroor ek so krapperig is nie. Ná werk is ek huis toe, stop by die winkel vir my rokies, maar loop ‘n ekstra draai by die rak met al die lekkertes af. Toe tref dit my. Spek, sprietuie, room, sampioene, parmesaan- en bloukaas, tagliatelle, basiliekruid en vars knoffel lê ewe skielik in die boonste deel van die trollie. Daar is dit nou, dink ek.
By die huis het ek vir my ‘n bottel witwyn oopgemaak en die bloukaaspasta begin bou. Nou dink julle seker waar is die bevlieging? Wat is so erg aan bloukaaspasta en ‘n bottel witwyn? Dit is ‘n normale aand in die meeste huishoudings.
Jy sien, elke keer as ek daai spesifieke pasta eet, verlang ek na Italië. Veral daai systraatjie in Rome waar ek dit die eerste keer geëet het. En vanoggend was die verlange ekstra woes.
Ek bespreek pay day my kaartjie en dr. Reeds sê dit is normaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie