Vreemde val in Discovery-aandeelprys ondersoek
Nellie Brand-Jonker - Die Raad op Finansiële Dienste (RFD) in Suid-Afrika ondersoek die moontlikheid van binnehandel by Discovery in Februarie vanjaar.
Netwerk24 het in Februarie berig toe Discovery se aandeelprys ná ’n handelsoorsig vir die tweede dag skerp geval het.
In die berig is verwys na ’n aandeelhandelaar wat op Twitter bespiegel het dat die handelsoorsig uitgelek het omdat die aandeelprys die dag voor die tyd met 5% of amper R7 gedaal het.
Op die dag wat die handelsoorsig uitgereik is (17 Februarie) het sy aandeelprys met nog 8% of R10 tot R111,75 geval.
Die handelsoorsig het getoon dat Discovery se verdienste nie gegroei het in die halfjaar tot einde Desember nie. Die Discovery-groep sluit die korttermyn- en lewensversekeraar in, asook die afdeling wat mediese fondse administreer. Solly Keetse, hoof van die direktoraat van markmisbruik, sê hulle kan oor bepalinge oor geheimhouding in die RFD-wet en vertroulikheid in die Wet op Finansiële Markte nie spesifieke besonderhede bekend maak oor ondersoeke nie.
’n Verklaring sal deur die direktoraat van markmisbruik uitgereik word sodra ’n ondersoek afgehandel is.
Die direktoraat kan ook sake na die wetstoepassingskomitee verwys.
“Al wat ons in die stadium kan bevestig, is dat ons moontlike binnehandel ondersoek in Discovery se aandele voor die Sens-aankondiging van 17 Februarie.” Hy sê dat die JSE se marktoesighoudingsdepartement gereeld wanneer pryssensitiewe aankondigings bekend gemaak word die verhandeling voor sulke aankondigings ondersoek en details van wie aandele verhandel het deurgee aan die direktoraat om binnehandel te ondersoek. Peter Redman, senior tegniese adviseur van die JSE, sê Discovery het 17 Februarie ’n handelsoorsig op Sens uitgereik nadat die aandeelprys met meer as 5% geval het. Hy sê wanneer aankondigings deur genoteerde maatskappye toon dat dit sensitief vir die aandeelprys is, word die verhandeling voor die tyd ondersoek vir enige ongewone prysbewegings of volumeverhogings.
Die prys van Discovery het 16 Februarie met 5,5% geval en details oor wie verhandel het is aan die direktoraat van markmisbruik gegee. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie