Vrees vir verdere gevegte, ondanks skietstilstand in Suid-Soedan
'n Swaar bewapende Ugandese militêre konvooi het gister die grens na Suid-Soedan oorgesteek om die land se burgers wat in Jaba vasgekeer is, na veiligheid te neem. Dit kom midde vrees dat die intensiewe gevegte van verlede naweek enige oomblik weer kan uitbreek, ondanks die skietstilstand-ooreenkoms wat steeds van krag is.
Die Verenigde Nasies het gewaarsku oor die gespanne toestand in die land en die moontlikheid van nuwe geweldpleging.
Die Ugandese konvooi van ongeveer 50 vragmotors, wat vergesel word van gepantserde voertuie wat met masjiengewere bewapen is, het die grens by Nimule oorgesteek om ‘n veilige korridor vir vlugtende burgerlikes op die 200 kilometer lange pad tussen Juba en Nimule te open.
“Ons beplan om na Juba te gaan en ongeveer 3 000 Ugandese wat daar gestrand is en die land wil verlaat, na veiligheid te neem,” het Uganda se weermaghoof, brigadier Leopold Kyanda, gesê.
Kyanda sê die sending sal tussen twee en drie dae duur.
Die Ugandese weermag het aan die kant van pres. Salva Kiir geveg nadat die burgeroorlog in Desember 2013 uitgebreek het tussen magte lojaal aan hom en magte wat deur die visepresident Riek Machar gelei is.
Van buite Juba is berigte van geweldpleging in die dorpe Leer in die Eenheidstaat en Wau in die westelike Bahr el Ghazal-staat ontvang. Die weermag en rebellemagte het ook in die omgewing van Malakal in die Bo-Nyl-streek gemobiliseer.
Handelsvlugte is gister uit Juba hervat. Vliegtuie wat aangekom het was leeg en het stampvol vertrek met mense wat desperaat was om die stad te verlaat. Spesiale huurvlugte neem buitelanders sedert Woensdag uit die land. Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie