Vrou geskend ná skraap
’n Roetine ná ’n miskraam het ’n vrou se lewe dramaties omver gewerp.
Henriette Lamprecht – ’n Vrou van Swakopmund leef in ernstige pyn, kan nie meer vaste kos eet nie en moet met hulp loop nadat ’n roetine skraap van haar baarmoeder in die staatshospitaal op die dorp skeefgeloop het.
Me. Riana Roman van die kusdorp is nou afhanklik van ’n gestremdheidstoelaag om vir haar gesin te sorg. Sy dagvaar die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste vir skadevergoeding van N$4,5 miljoen.
Volgens Roman se verklaring wat sy by die hof ingedien het, het sy op 22 Augustus 2017 terwyl sy vier maande swanger was met erge pyn by die staatshospitaal op Swakopmund vir hulp aangeklop. Sy is deur personeel pille gegee waarvan sy nie die naam kan onthou nie. Kort hierna het sy begin bloei en die personeel aan diens het vir haar gesê sy het ’n spontane miskraam gehad. Roman is na die teater geneem waar sy ’n prosedure sou ondergaan om haar baarmoeder skoon te skraap.
Sy beskryf in haar verklaring hoe sy ná die prosedure “onverklaarbare pyn” ervaar het. Toe sy by mediese personeel navraag hieroor doen, is glo bloot aan haar gesê “daar was ’n fout”. Tydens die skraap van haar baarmoeder het haar “dunderm en ingewande uitgesteek”, waarna personeel in die teater besluit het om ’n “aansienlike gedeelte van die Roman se dunderm weg te sny”.
Roman sê nóg sy, nóg haar familie het toestemming hiervoor gegee; nóg is die nodigheid en of nood daarvan aan haar of haar familie verduidelik.
Mediese personeel het na bewering aan haar gesê sy sou gou herstel, maar sy is steeds na die Katutura-staatshospitaal verwys omdat sy ernstige bloeding ervaar het. Hier, met die oopmaak van die wond, het ’n chirurg ontdek slegs 50 cm van Roman se ingewande het ná die operasie in Swakopmund oorgebly.
“Die eiser wat tevore ’n normale, bekwame ma was, moet nou op ’n gestremdheidstoelaag staatmaak om vir haar familie te sorg,” lui hofstukke.
Roman eis N$250 000 vir vermoënsskade, N$2 miljoen vir huidige en toekomstige mediese koste, N$500 000 vir emosionele en sielkundige skok, trauma en ongemak, N$250 000 vir pyn en lyding, N$250 000 vir fisieke beserings en gestremdheid, N$250 000 vir verminderde lewensgehalte en N$750 000 vir haar onvermoë om te kan werk.
Met verwysing na die skending van haar grondwetlike regte eis Roman N$1,8 miljoen vir haar reg tot menswaardigheid, N$1,8 miljoen vir haar reg tot ’n gesin en N$750 000 vir haar reg om enige beroep te kan beoefen.
Volgens Roman het sy ’n versoek vir afskrif van al haar mediese rekords aan die ministerie gerig, maar het sy nog niks ontvang nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie