Vrou gooi glo pasgeborene in toilet
‘n Vrou (27) van Swakopmund is van poging tot moord en verberging van geboorte aangekla, nadat sy haar pasgebore babaseuntjie in ‘n toilet gegooi en probeer afspoel het. Dit het die seuntjie se dood veroorsaak. Volgens konstabel Kristopherus Mbundje van die polisie op Swakopmund is die vrou in hegtenis geneem en is sy tans onder polisiebewaking in die staatshospitaal op die dorp.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie