Vrou 'speel net' met hondjies in wasmasjien
Vrou 'speel net' met hondjies in wasmasjien

Vrou 'speel net' met hondjies in wasmasjien

Sanet de Waal
Francoise Steynberg



'n Vrou van Grootfontein wat haar hondjies in 'n wasmasjien laat swem het, se bedoeling was nie om die honde te mishandel nie, sê me. Alta Scott van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van Grootfontein.

Sy het gister die vrou saam met 'n polisiebeampte besoek om ondersoek in te stel ná 'n storm in die sosiale media die naweek losgebars het toe skermgrepe van die honde in die wasmasjien gedeel is.

“Die dam is onder die eend uitgeruk. Voor mense aannames maak, moet hulle eerder die DBV bel om eers ondersoek in te stel,” het sy benadruk.

“Ek het die video's (in Oshiwambo) gesien en die polisieman sê daar was geen bedoeling van dieremishandeling nie. Die wasmasjien was nie aan nie en sy en haar kinders speel glo altyd met die honde in die wasmasjien,” het Scott gesê.

“Ek het vir haar gesê om nie die wasmasjien so vol te tap nie.”

Die DBV op Tsumeb en die ­Civilian Animal Protection Unit (Capu) verskil egter van Scott.

Die saak spruit voort uit me. Charné Wasserfall van Capu wat die naweek skermgrepe uit die video van die honde in die wasmasjien ontvang het. Daar is ook 'n video op WhatsApp gedeel van 'n hondjie op 'n hoë muur wat glo deur die vrou aangemoedig word om af te spring.

“Die vrou sê sy het haar hondjie op die muur getel sodat hy sy vrees kon oorkom,” het Scott gesê.

Wasserfall kon nie Saterdag vir Scott in die hande kry om te gaan ondersoek instel nie. Sy het toe 'n vriendin van haar op Grootfontein gevra om saam met twee polisiebeamptes na die betrokke huis te gaan.

“Die polisie en die vrou se man ken mekaar en het in hul taal gepraat wat sy nie kon verstaan nie. Die man het beweer dit is ou video's. Die een hondjie is ook intussen dood,” het Wasserfall gesê.

Volgens Scott is dié hondjie dood omdat dit nie betyds teen katgriep ingeënt is nie.

Sy sê die vrou se honde is in 'n goeie toestand.



TSUMEB SE DBV VERSKIL

Me. Natasha Burger van Tsumeb se DBV stem geensins saam dat dit nie 'n geval van dieremishandeling is nie.

“Die honde se lewens was nog steeds in gevaar en die feit bly staan dat die honde mishandel is,” het sy benadruk.

Burger het gesê sy het Saterdag ­telefonies met die vrou gepraat.

“Sy het gesê sy wou net kyk of haar hondjies kan swem. Oor die hondjie op die muur, het sy gesê sy het net met die hondjie gespeel,” het Burger gesê.

“Die vrou kan die honde in 'n bak water laat swem, nie in 'n vol wasmasjien nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!