Vrou vas wat in teenterreur-optrede in Londen geskiet is
Vrou vas wat in teenterreur-optrede in Londen geskiet is

Vrou vas wat in teenterreur-optrede in Londen geskiet is

'n Vrou wat Donderdag in 'n teenterreur-optrede in die noorde van Londen geskiet is, is in hegtenis geneem nadat sy uit die hospitaal ontslaan is.

BBC News berig die 21-jarige vrou is in hegtenis geneem weens die vermoede dat sy opdrag gegee het vir terreurdade, dit aangestig of voorbereidings daarvoor getref het.

Speurders is nog tyd gegun om nog ses mense wat in dié klopjag in hegtenis geneem is, te ondervra.

Een van hulle is Mohamed Amoudi (21). Hy is voorheen deur Britse amptenare ondervra omdat hy vermoedelik Sirië toe wou gaan om by die terreurorganisasie Isis aan te sluit.

Nog 'n man (28), twee vroue van onderskeidelik 20 en 28 en 'n seun (16) wat saam met hom in die klopjag in hegtenis geneem is, word ook aangehou, asook 'n vrou (43) wat in Kent in hegtenis geneem is.

Khalid Mohammed Omar Ali (27) is dieselfde dag in 'n onverwante optrede naby die Parlementsplein in Whitehall in hegtenis geneem. Hy het glo messe by hom gehad toe die polisie hom in hegtenis geneem het.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!