Vroue in biomassabedryf gevier
Groot prysgeld op die spel
Vroue wat leierskapsposisies in die plaaslike biomassabedryf beklee of help met die bevordering daarvan in Namibië, kan nou vir drie verskillende toekennings genomineer word.
Die Namibia Biomass Industry Group (N-BiG), in vennootskap met die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme (MEFT) en die Duitse Vereniging vir Internasionale Samewerking (GIZ) se BCBU-projek (Bush Control and Biomass Utilisation Project) het die inisiatief begin om vroue in die biomassabedryf te beloon.
Drie kategorieë is oop vir nominasies: Die eerste is vir entrepreneurskap, innovering en leierskap waarin N$25 000 gewen kan word asook gratis lidmaatskap van N-Big vir ‘n jaar.
Die tweede kategorie is vir sosiale en gemeenskapsbetrokkenheid, waarin N$15 000 gewen kan word.
Die laaste kategorie is vir ‘n werknemer wat deur haar kollegas of werkgewers erken word as iemand wat ‘n konsekwente bydrae lewer en toewyd werk aan die groei en ontwikkeling van die biomassabedryf. In dié kategorie is N$10 000 as prysgeld op die spel.
“Ons soek na vroue met leierskapsrolle wat vooruit boer as dit by die biomassabedryf en hul sakeondernemings kom.
“Hulle kan betrokke wees in enige deel van die bedryf, hetsy in die volhoubare oes van bos, entrepreneurskap, die bestuur of die ontwikkeling van waardekettings binne die bedryf, wat insluit houtskool, boskos of biochar,” het me. Loise Iiyambo, junior tegniese adviseur van die BCBU-projek, gesê.
Vir instruksies oor hoe om kandidate te nominieer, besoek N-Big se webwerf (www.n-big.org/images/icagenda/files/terms-and-conditions-women-in-biomass-industry-2020-awards.pdf).
Die sluitingsdatum vir nominasies is 30 September.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie