Vrydag 13de kan een van ergste weke op mark sluit
Alles dui daarop dat die markte Vrydag een van die ergste weke nog in menseheugenis gaan afsluit nadat Wall Street ook Donderdag met 10% ineengestort het.
Bloomberg berig Amerikaanse aandele het getuimel met die belangrike maatstawwe wat hul ergste daling sedert 1987 aangeteken het.
Beleggers glo nie dat die stappe deur die Federale Reserweraad en pres. Donald Trump se voorstelle om die ekonomiese impak van die coronavirus te versag voldoende gaan wees nie.
Al drie die groot aandeelaanwysers van Amerikaanse aandele het met meer as 9% getuimel – die Dow Jones-nywerheidsindeks met 9,9%, die Nasdaq met 9,4% en die S&P 500 met 9,5%.
Dié ineenstorting van die mark het wêreldwyd plaasgevind met aandeelmarkindekse in Europa wat met ’n rekord 11% getuimel het. Die Ibovespa-indeks van Brasilië het in ’n stadium met meer as 20% geval. Kanada se groot aandeelmarkindeks het meer as 12% laer gesluit – sy swakste dag sedert 1940.
Die S&P 500 het ook Donderdag ’n beermark ingegaan en sy styging sedert einde 2018 uitgewis.
Die val in die markte het gevolg omdat handelaars teleurgesteld was in die maatstawwe wat tot dusver in Amerika aangekondig is om die impak op die ekonomie te versag en die verspreiding van die virus te bekamp.
“Die regering se burokrasie hou eenvoudig nie tred met die aard van die uitbreking en die markte se verwagtinge nie,” sê Tai Hui, hoofmarkstrateeg van Asië van JP Morgan Batebestuur. “Die sentiment in die mark gaan gespanne bly in die afsienbare toekoms terwyl die verspreiding van Covid-19 voortgaan om in Amerika en Europa te versnel. Soos ons wat in China en ander dele van Asië beleef is, behoort die regte beleid te werk om die uitbreking te beheer, maar dit hou baie korttermynpyn in. Ons sal waarskynlik in die komende weke in Amerika en Europa sulke pyn ervaar."
In Asië het die paniek in die markte Vrydagoggend uitgekring en van dié markte daar aanvanklik ook skerp laat val.
Die vrese dat die koronavirus-pandemie ’n wêreldwye resessie gaan veroorsaak, het Vrydag brandstof vir ’n nuwe ronde verkope gegee.
Die markte het só skerp geval dat stroombrekers in Thailand, Suid-Korea en Indonesië ingeskop het, terwyl Japan se aandeelmark met 10% geval het.
Die aanvanklike dalings het later begin omkeer, maar kanse is goed dat die week steeds een van die swakstes nog gaan wees.
“Dinge kom nou vinnig tot ’n punt,” sê Brain Barish, beleggingshoof van Cambiar Investors in Amerika. “Markte maak dit baie duidelik dat die sake-soos-normaal-benadering onhoudbaar is.”
Reuters berig selfs ná die verwoestende val in Amerikaanse markte het termynkontrakte op die aandeelmarkindeks soos die Dow en S&P 500 laer begin neig.
– Bloomberg en Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie