VSA, China eens oor sanksies teen Noord-Korea
VSA, China eens oor sanksies teen Noord-Korea

VSA, China eens oor sanksies teen Noord-Korea

Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) het sanksies teen Noord-Korea uitgebrei nadat Amerika en China, Pyongyang se enigste vername bondgenoot, die eerste keer oor ’n resolusie daaroor saamgestem het sedert Donald Trump die bewind oorgeneem het.

Die Trump-regering het China gedruk om Noord-Korea op aggressiewe wyse in toom te hou en gemaan dat hy al sy keuses sal oorweeg as Pyongyang voortgaan met sy kern- en missiel-ontwikkelingsprogramme.

Die VSA het gesukkel om dié programme te vertraag. Dit het vir hom ’n prioriteit op veiligheidsgebied geword nadat Pyongyang onderneem het om ’n kernmissiel te ontwikkel wat die VSA se lugruim kan binnedring.

“Die Verenigde State sal aanhou streef na ’n vreedsame, diplomatieke oplossing,” het Nikki Haley, sy ambassadeur by die VN, Vrydag gesê ná die stemming oor die resolusie.

“Maar benewens diplomatieke en finansiële gevolge, sal die Verenigde State steeds bereid wees om Noord-Koreaanse aggressie met ander middele te beveg indien nodig,” het sy gemaan.

Die minste wat die Veiligheidsraad kon doen, was om name tot die VN se swartlys te voeg wat voorsiening maak vir ’n wêreldwye reisverbod en die bevriesing van bates. Dit kom ná vyf weke se samesprekings tussen Washington en Beijing.

“Die veiligheidsraad het ’n duidelike boodskap aan Noord-Korea gestuur: Hou op om ballistiese missiele te vuur of dra die gevolge daarvan,” het Haley gesê.

Die resolusie is eenparig deur die 15 lede van die Veiligheidsraad aanvaar. Vier instellings, waaronder die Noord-Koreaanse weermag se strategiese vuurpylmag en die Koryo-bank, se name is by die swartlys gevoeg asook die name van 14 mense, wat die hoof van Pyongyang se buitelandse spioenasiediens insluit.

Die Koryo-bank hanteer buitelandse transaksies vir “Kantoor 38”, ’n instelling wat die private beleggings van die Noord-|Koreaanse leierskap bestuur.

Die veiligheidsraad se sanksiekomitee oor Noord-Korea kon agter geslote deure op dié maatreëls besluit het, maar Washington het China oorreed dat dit in die openbaar gedoen word. Dit moet die ontevredenheid oor die Koreane se weiering om gehoor te gee aan die VN se verbod op die lansering van ballistiese missiele duidelik maak.

Die VN se veiligheidsraad het in 2006 die eerste keer sanksies teen Noord-Korea ingestel weens sy afvuur van ballistiese missiele en kernprogramme en dit sedertdien gereeld verskerp in reaksie op vyf kerntoetse en die lansering van twee langafstand-missiele.

Noord-Korea dreig nou met ’n sesde kerntoets.

Liu Jieyi, China se ambassadeur by die VN, het gesê ’n kritieke tyd het aangebreek vir die beslegtiging van die geskil deur onderhandelings.

“Dit is belangrik vir al die betrokke partye om kalm te bly en meer te doen om spanning te help verlig en wedersydse vertroue te vestig.” - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!