VSA en vennote skop Huawei uit
Nieu-Seeland, Australië, Japan en die VSA het een ding in gemeen.
Hulle glo dit is riskant om Huawei, die Chinese vervaardiger van telekommunikasietoerusting, se produkte in netwerke wat aan die regering behoort te gebruik.
Al drie die lande se regerings sê dit hou “beduidende risiko vir nasionale veiligheid in” om die toerusting te gebruik.
The Wall Street Journal het op 22 November berig dat die VSA reeds sy bondgenote gevra het om nié toerusting van Huawei te installeer nie.
Die bewering is dat Huawei moontlik skakels met die Chinese regering het en dat daar ’n kans is dat sy toerusting vir spioenasiedoeleindes gebruik kan word.
The Wall Street Journal berig verder die Amerikaanse regering het reeds na van sy vennote uitgereik en hulle versoek om, waar hulle wel Huawei-toerusting gebruik, te kyk watter moontlike kuberrisiko’s daar kan wees.
Terwyl die VSA sy mes vir alle Huawei-toerusting in het, het Australië en Nieu-Seeland net ’n probleem met toerusting wat vir nuwe 5G- mobiele netwerke gebruik word.
Een land wat hom nie aan die versoek steur nie is Papoea-Nieu-Guinee. William Duma, kabinetsminister van dié land, het Maandag bevestig hulle gaan voort om toerusting te gebruik wat deur Huawei verskaf word.
Huawei ontken alle aantygings dat sy toerusting vir spioenasie gebruik word.
– Netwerk24/Reuters, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie