VSA gewaarsku oor Dalai Lama, Taiwan-president
VSA gewaarsku oor Dalai Lama, Taiwan-president

VSA gewaarsku oor Dalai Lama, Taiwan-president

Estelle de Bruyn
China het Amerika gister gewaar­sku om by beloftes te bly om nie separatistiese aktiwiteite te steun nie. Dit kom op die vooraand van Taiwan se nuwe president se besoek aan Amerika en ’n moontlike ontmoeting tussen die Dalai Lama en pres. Barack Obama.
Die selfregerende demokratiese eiland, Taiwan, en die afgeleë bergagtige streek van Tibet is twee van China se mees sensitiewe politieke en diplomatieke kwessies.
’n Woordvoerder van China se ministerie van buitelandse sake, Lu Kang, sê albei kwessies raak die een China-beleid.
Taiwan se president, Tsai Ing-wen, sal deur Miami reis onderweg na Panama, een van die eiland se min diplomatieke bondgenote, vir ’n seremonie om die Panamakanaal te vergroot.
Oor die Dalai Lama, wat Beijing as ’n gevaarlike afstigter beskou, sê China Amerika moet Tibet as ’n onafskeidbare deel van China erken.
– Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!