VSA skrik nie vir Poetin se ‘onsigbare kernwapens'
Rusland het ’n reeks nuwe “onsigbare” kernwapens wat teikens enige plek op aarde kan tref en die Amerikaanse missielskild sal ontduik, het pres. Wladimir Poetin verlede week aangekondig.
Hy sê ’n kernaanval op enige van Rusland se bondgenote sal beskou word as ’n aanval op Rusland en sal onmiddellike reaksie ontlok.
Dit is onduidelik of Poetin ’n spesifieke bondgenoot soos Sirië in gedagte het, maar sy kommentaar lyk soos ’n waarskuwing aan Amerika om nié sy kernwapens te gebruik nie.
Amptenare in Washington is egter skepties oor Poetin se opmerkings en twyfel of Rusland enige nuwe toevoegings tot sy kernwapenarsenaal het buiten dié waarvan die Amerikaanse intelligensiediens reeds bewus is.
Die Pentagon sê hy is nie verbaas oor Poetin se opmerkings nie.
“Ons hou Rusland al ’n geruime tyd dop. Ons is nie verras nie,” sê Dana White, woordvoerder van die Pentagon. Sy het op ’n mediakonferensie gesê die kernwapens waarna Poetin verwys het, word al oor ’n lang tydperk ontwikkel.
Rusland gaan op 18 Maart na die stembus en peilings toon Poetin sal maklik wéér wen. –Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie