VSA toets langafstandmissiel
Kort op die hakke van ‘n missiellansering deur Noord-Korea, het Amerika Woensdag sy eie missiel getoets.
Die Amerikaanse weermag het Woensdag ‘n ongewapende, interkontinentale ballistiese missiel (IKBM) getoets, enkele dae nadat Noord-Korea sy eie IKBM gelanseer het.
Toetse by die Vandenberg-lugmagbasis in Kalifornië word gewoonlik weke en selfs maande voor die tyd geskeduleer, maar dié een kom midde stygende spanning oor Noord-Korea.
Die Minuteman III-missiel het ongeveer 6 759 kilometer tot by die Kwajalein-ringeiland van die Marshall-eilande getrek.
Noord-Korea het die internasionale gemeenskap bekommer met die vinnige vooruitgang van sy missielontwikkeling. In Julie het Pjongjang twee IKBM-toetse uitgevoer. Die missiel wat tydens die eerste van hierdie toetse afgevuur is, en deur Kim Jong-Un as ‘n “geskenk vir daardie Amerikaanse h..." bestempel is, het die vermoë gehad om Alaska te bereik.
Die tweede missiel, wat verlede week getoets is, kan volgens sommige deskundiges New York bereik. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie