VSA weer reg om met N-Korea oor kernwapens te praat
VSA weer reg om met N-Korea oor kernwapens te praat

VSA weer reg om met N-Korea oor kernwapens te praat

Amerika sê hy is gereed om gesprekke met Noord-Korea te hervat nadat dié land se regering Woensdag op ’n beraad tussen die leiers van Noord- en Suid-Korea beloof het om sy belangrikste missielgeriewe tot niet te maak.

Mike Pompeo, Amerika se minister van buitelandse sake, het gesê hy het sy eweknie van Noord-Korea genooi na ’n vergadering volgende week in New York.

Die VSA is ook positief oor die beraad tussen Kim Jong-oen, die Noord-Koreaanse leier, en pres. Moon Jae-in van Suid-Korea wat in Pjongjang plaasgevind het.

Soos vroeër berig, het Noord-Korea Woensdag in die teenwoordigheid van buitelandse kenners ingestem om “permanent” van sy belangrikste missielgeriewe ontslae te raak.

Noord-Korea sal kundiges van “die betrokke lande” toelaat om te kyk na die sluiting van sy toetsterrein vir missielaandrywing by Tongtjsang-ri, het Moon op ’n gesamentlike nuuskonferensie saam met Kim gesê.

SKIELIKE HERLEWING

Noord-Korea sal ook bykomende stappe doen, soos om sy kernkompleks in Jongbjon te sluit, indien die VSA soortgelyke maatreëls onderneem, het Moon bygevoeg.

Die skielike herlewing van gesprekvoering oor die kwessie kom ná weke van onsekerheid in pres. Donald Trump se regering oor of Noord-Korea bereid is om te onderhandel ná ’n beraad in Junie tussen Trump en Kim, wat min vrugte afgewerp het.

Sy kritici is egter skepties of Noord-Korea die daad by die woord gaan voeg.

Intussen het 'n konserwatiewe burgerlike organisasie Donderdag in Seoul betoog om hulle teenkanting teen Kim en die vredesproses uit te druk. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!