VSA wil immigrante só tydelik werk gee
Statistieke dui daarop dat die VSA sy laagste werkloosheidsyfers in 18 jaar beleef.
Die Trump-regering ondersoek maniere waarop Amerikaanse nywerhede meer immigrante op ’n tydelike basis in diens kan neem.
Larry Kudlow, ekonomiese raadgewer van die Withuis, het dié aankondiging Vrydag gedoen.
Statistieke dui daarop dat die VSA sy laagste werkloosheidsyfers in 18 jaar beleef.
“Ons kyk na maniere om meer tydelike immigrante met tydelike visums op ’n wettige manier in die VSA toe te laat in ’n aantal bedrywe,” het Kudlow aan CNBC gesê. Kudlow het aan Fox Business Network gesê terwyl die Withuis en die Amerikaanse kongres stoei oor wetgewing ten opsigte van langtermyn-immigrasie, “dink ek daar gaan min vordering wees” sover dit immigrante werkvisums in die nabye toekoms betref.
Volgens statistieke van die Amerikaanse departement van arbeid Vrydag het die werkloosheidsyfer tot 3,8% gesak. Dit dui op ’n snelgroeiende arbeidsmark waarin salarisse ook verstewig. Maar dit kan ook beteken dat werkgewers sukkel om gekwalifiseerde werkers te kry.
Die Amerikaanse regering het verlede week 15 000 visums toegestaan aan werkgewers om tydelike werkers in diens te neem vir die besige somer toeristeseisoen. ’n Aantal werkgewers, van visfabrieke tot hotelle en restaurante, kla dat hulle nie werkgeleenthede met plaaslike werkers kan vul nie. Vragmotorbestuurders, verkoopspersoneel, skrynwerkers en werkers in die tegnologiebedryf is in aanvraag.
Noord-Korea
Intussen het pres. Donald Trump van Amerika Vrydag gesê die beraad tussen Amerika en Noord-Korea gaan voort.
Trump het die aankondiging in Washington gedoen nadat ’n afgevaardigde van Noord-Korea ’n brief van hul leier, Kim Jong-oen, aan hom oorhandig het, berig ABC.
“Ons sal op 12 Junie in Singapoer vergader,” het Trump ná die brief se aflewering aan verslaggewers gesê. “Die verhoudings groei en dit is iets baie positiefs.”
Die BBC berig dat Noord-Korea volgens Trump ’n einde aan kernkragwapens wil hê, hoewel Noord-Korea dit nie bevestig het nie.
Trump het gesê die brief is baie interessant en dat dit in ’n latere stadium toepaslik sal wees om die inhoud bekend te maak. Hy het egter later gesê hy het dit nog nie gelees nie.
’n Brief wat Trump aan Kim geskryf het, is vroeër verlede week op sosiale media gedeel.
Die brief wat Trump van die Noord-Koreaanse leier ontvang het, was volgens Wall Street Journal redelik basies. Kim beskryf daarin sy belangstelling in die beraad sonder om enige noemenswaardige toegewings of dreigemente te maak.
Gen. Kim Jong-tjol, wat die brief afgelewer het, sal na verwagting tot Saterdag in die VSA aanbly. Hy is voorheen onder sanksie geplaas vir sy rol in kuberaanvalle op Amerikaanse maatskappye, berig die koerant. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie