Vullisterrein – ’n bron van oorlewing

Tanja Bause
Tanja Bause – “As ons nie by die vullisterrein kom blikkies bymekaar maak nie, het ons nie kos by die huis nie,” sê mnr. Paulus Tjikiamo.

Hy en sy vrou Sofia gaan elke oggend vroeg na Okahandja se asgat om blikkies te soek. Daarna slaan hy die blikkies met twee bakstene plat en verpak dit in plastieksakke. Dié sakke word op kruiwaens gelaai en na ’n skroothandelaar geneem.

“Ons kry tussen N$2 en N$2.50 per kilogram blikkies, wat ons tussen N$100 en N$150 per dag gee,” vertel hy.

Met dié geld kan die egpaar kos op hulle tafel sit en water betaal. Hulle moet ook nog elke maand vir die erf waarop hulle huisie in uitbreiding drie staan, betaal.

“Dit sukkel en ons kry swaar. Ek is bevrees dat as ons nie die erf kan betaal nie, word dit van ons weggevat en dan is ons in die moeilikheid,” sê hy.

“Ons het beide nie werk nie, maar ons kan ook nie net rondsit en wag dat iemand vir ons kos gee nie. Dit beteken ons moet die beste van ons situasie maak en hier op die asgat vir ons geld bymekaar maak.”

Die Tjikiamo-egpaar is nie die enigstes wat op die vullisterrein oorleef nie. Daar is talle ander mense wat plastiek en glasbottels, blikkies, koper en skrootmetaal bymekaar maak om te verkoop.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!